Totius Digterskool (Dames)
R319.00 – R359.00
“J.D. DU TOIT (TOTIUS)”
(21 Februarie 1877 – 1 Julie 1953)
Gebore in die Paarl as seun van S.J du Toit, die vader van die Eerste Afrikaanse Taalbeweging, word Totius gesien as een van Afrikaans se swaargewigte wat dig –en skryfkuns betref, en is hy ook ‘n wenner van twee Hertzogpryse vir sy digbundels.
As jong man dien hy as veldkapelaan vir die Boere tydens die Tweede Anglo-Boereoorlog, en in 1905 aanvaar hy ‘n beroep as predikant na Potchefstroom.
Benewens sy digwerk was sy bydra tot die vertaling van die Bybel in Afrikaans enorm – ‘n belangstelling & passie wat hy van sy pa geërf het. Hy was ook uiteindelik verantwoordelik vir die hersiening van die hele manuskrip van die Bybel in Afrikaans.
Hy speel ‘n leidende rol in die verskuiwing van die Teologiese skool in Burgersdorp na Potchefstroom, en saam met Ferdinand Postma word hy die grondlegger van die PU vir CHO, en dien ook as die universiteit se eerste kanselier. Hy was besonder geliefd by sy studente, en het hy die kuns begryp om sy studente met liefde vir die studie te inspireer.
Daar word deurentyd na hom verwys as die eintlike stem van Potchefstroom sowel as die universiteit, en sal die naam Totius vir altyd vereenselwig word met dié dorp.
Anonymous (verified owner) –
Emmarentia Coetzee (verified owner) –
MJ (verified owner) –
Mari-Anna K. (verified owner) –
My daughter loved it! Colour is beautiful