HUGENOTE

“Post Tenebras Lux”

R339.00

Clear

ONLANGSE RESENSIES:

Paul
verified ownerverified owner
5/5

Verified reviewVerified review - view original

1 month ago
Ryno van As
verified ownerverified owner
5/5

Verified reviewVerified review - view original

2 months ago
Henk T.
verified ownerverified owner
5/5

Verified reviewVerified review - view original

3 months ago
Werner Derwig
verified ownerverified owner
5/5

Verified reviewVerified review - view original

3 months ago
Philippie Olivier
verified ownerverified owner
5/5

Verified reviewVerified review - view original

3 months ago

DIE VERHAAL

“DIE FRANSE HUGENOTE”

Met die herroeping van die Edik van Nantes in 1685, word protestantisme as onwettig verklaar deur Koning Louis XIV, met wydverspreide vervolging van Protestante in Frankryk.

Sodoende verlaat duisende geskoolde Hugenote met verskillende ambagte & talente hul geboorteland met die hoop om hul heil & vryheid van godsdiens in ander lande te vind.

Op daardie stadium doen Goewerneur Simon van der Stel ‘n beroep op die Here XVII van die V.O.C om die Franse Hugenote toe te laat om na die Kaap te kom (veral dié met kennis van landbou & wynbou), met die grootste immigrasie in wat plaasvind in 1688, waartydens plase in veral die Olifantshoek-streek aan hulle gegee is.

Olifantshoek sou later ‘De Fransche Hoek’ (oftewel ‘Le Coin Française’) word vanweë die groot hoeveelheid Franse immigrante, wat ‘n sterk invloed gehad het in die bevordering van wynbou in die Kaap van Goeie Hoop.

Post Tenebras Lux is Latyn vir “Lig na die donker” en was die leuse van die Reformasie van die Protestante in Europa, waaronder die Hugenote getel het. Hierdie leuse is ook aangebring op die ingang van die Hugenote Museum in Franschhoek.

Die “Hugenote Kruis” is skatryk aan simboliek en dien al vir meer as 300 jaar as kenteken van die Hugenote.

#ekisvalhalla

DIE ONTWERP

1
2
3
4