ALGEMENE VRAE
(dit wil sê, die FAQ}
VERSENDING & AFLEWERING
OMRUILINGS
DIE PRODUK
Al ons hemde word plaaslik vervaardig in Kaapstad.
Alle materiale word plaaslik geweef vanuit grondstowwe wat vanuit Afrika verkry is.
Die hemde word dat gestik deur kundiges in ‘n plaaslike fabriek wat spesialiseer in die vervaardiging van t-hemde, wat voldoen aan alle veiligheids -en kwaliteitstandaarde.
Die volledig gestikte hemde gaan dan deur die kleuringsproses, wat die voordeel inhou dat dit ‘n sagter kledingstuk bied wat omtrent geen krimping ondervind nie.
Water gebaseerde verf (“discharge water based screen printing”) word gebruik om die kunswerk op die bors te druk, en ‘n vintage & super sagte gevoel te gee.
Bogenoemde proses gebruik water gebasseerde ink om die kleur van die hemp te verwyder & dan vervang word met die kleur van die ontwerp – hierdie tipe ink word dan deur die materiaal geabsorbeer i.p.v om net ‘bo-op’ die materiaal te sit.
Slegs formaldehied-vrye ink word gebruik wat voldoen aan Europese Eko-Standaarde.
Meeste van ons hemde is gemaak van polikatien (‘polycotton’) maar is sommige in ons reeks ook vanuit 100% Katoen vervaardig – sien asb die etiket binne die hemp vir meer inligting.
Polikatoen (65/35), 160gm
- Polikatoen verskaf ‘n liggewig, gemaklike t-hemp wat perfek is om die hele dag te dra, maar ook meer duursaam, met die ekstra voordeel dat dit minder kreukel – so dit kan baie meer gedra en gewas word sonder enige tekens van verniel of krimping te toon.
100% Katoen
- 100% katoen, verskaf dit ‘n liggewig, koel & gemaklike t-hemp wat perfek is om die hele dag te dra.
Ons hemde is ‘n moderne snit vir S-2XL, wat meen dat die arm holtes nouer om die arms sit, en ‘n meer ‘relaxed’ of boks snit vir 3XL & 4XL.
Let wel dat dit nie ‘slim fit’ is nie!
Aanlyn aankope van klerasie kan frustrerend wees siende dat almal verskil en omdat daar nie universele groottes is nie – buiten die feit dat jy nie die item kan aanpas en uittoets nie!
Klik hier om ons “sizing charts” te sien:
HEMP GROOTTES
BESTEL & BETALING
Die volgende metodes is beskikbaar om te betaal vir jou bestelling:
- EFT:
- Nadat jou bestelling geplaas is, sal ons bankbesonderhede verskaf word & kan jy op jou eie tyd jou betaling maak in ons bankrekening – onthou asb. net om jou bewys van betaling te stuur na info@valhallatees.co.za
- PayFast: ‘n Veilige aanlyn-betalingsportaal wat deur meer as 80,000+ handelaars in Suid-Afrika gebruik word – jy kan betaal met VISA/Mastercard kredietkaarte, asook Zapper, Mobicred & InstantEFT.
- Snapscan:
- Jy kan maklik met jou Snapscan app vanaf jou foon betaal.
AFLEWERING
Ons probeer ons bes om alle bestellings so vinnig as moontlik te prosesseer & versend, maar soms kan dit bietjie langer neem. Laat asb. 2-4 dae toe vir die verwerking van jou bestelling.
Indien jou bestelling tydsensitief is, kontak ons gerus by info@valhallatees.co.za dan maak ons ‘n plan.
Bestellings word so gou moontlik verwerk, en kan jy een van twee afleweringsopsies kies tydens “Checkout”:
- Fastway Couriers:
- Beskikbaar in meeste groot sentra’s, en aflewering is binne 3 besigheidsdae vandat hulle die pakkie ontvang.
- Aramex Couriers:
- Landswye aflewering (maak nie saak hoe afleë die dorpie!), met oornag aflewering na groot sentra’s en 3 werksdae na meer afgeleë areas (ook bereken vanaf die dag wat dit aan hulle oorhandig word).
Vanaf Kaapstad in die Wes-Kaap.
Ons lewer landswyd binne die grense van Suid-Afrika af – tans bied ons nie Internasionale aflewering af nie, maar as jy belangstel, kontak ons gerus by: info@valhallatees.co.za
Defnitief!
Sodra jou bestelling versend word, sal jy ‘n e-pos kry wat die spoornommer bevat en kan jy dit aanlyn volg.
Jy kan ook hier klik om dit volg:
VOLG JOU BESTELLING
OMRUILINGS
Defnitief!
Om klerasie aanlyn te koop is altyd uitdagend, en hou ons dus ‘n oop kop wat dit betref.
Dus, as jy nie 100% gelukkig is met hoe die hemp pas nie, ruil ons hom vir jou om, of, as jy verkies, doen ons ‘n terugbetaling vir die hemp se waarde.
Stuur gerus ‘n epos aan:
Alle items wat ongebruik is wat in ‘n kondisie is dat dit herverkoop kan word kan binne 30 dae vanaf ontvangs omgeruil word.
Dit hoef nie in die oorspronklike verpakking te wees nie, maar vra ons dat die info kaartjie saam met die hemp teruggestuur word.
- Stuur ‘n epos aan: returns@valhallatees.co.za
- Sluit die volgende informasie in:
- Bestelling Nommer
- Naam & grootte van die hemp wat jy wil omruil (bv. Woltemade Mans t-hemp, XL)
- Grootte waarvoor jy dit wil omruil.
Jou hemp kan omgeruil word vir:
- ‘n Ander grootte
- ‘n Ander styl (bv. tank top)
- ‘n Ander ontwerp
- Winkelkrediet wat jy op ons webwerf kan gebruik in die toekoms.
- Indien jy die verkeerde item ontvang het (bv. verkeerde grootte / ontwerp) of die item is beskadig, sal ons reël dat ‘n koerier dit by jou optel asook die korrekte item vir jou aflewer – gratis, dit is tog ons fout!
- Indien jy die item wil omruil vir ‘n ander grootte (kleiner of groter), sal ons jou halfpad ontmoet – jy kan die item terugstuur met die metode wat vir jou die gemaklikste is, of jy kan versoek dat ons reël dat Fastway koeriers dit by jou optel – ongelukkig is daar ‘n koste van R80 hieraan verbonde.
- Die nuwe item word dan op ons onkoste na jou toe teruggestuur.
- Die adres waarheen jy dit kan stuur is:
31 Porterville Crescent, Welgelegen, Kaapstad, 7500
Ons is ‘n klein besigheid en kan ongelukkig nie beide die optel en herversendingskostes dek nie.
MEER OOR VALHALLA
VALHALLA is ‘n klere handelsmerk gestig in 2011 met die fokus om Suid-Afrikaanse geskiedenis & kultuur op ‘n verfrissende & moderne manier uit te beeld, deur gebruik te maak van hoë kwaliteit t-hemde met tong-in-die-kies ontwerpe wat beskrywend is binne die konteks van die geskiedenis, maar buite die gebondenheid daarvan.
Ons vier ons herkoms & erfenis deur dit op interessante maniere voor te stel, en sodoende erkenning te gee aan lankvergete volkshelde, met die oog daarop om mense se nuuskierigheid ten opsigte van hul geskiedenis te prikkel, sonder om polities voorskriftelik te wees.
Elke Valhalla hemp is die produk van 100e jare se geskiedenis, versmelt met slegs die hoogste kwaliteit Suid-Afrikaanse vakmanskap, om te verseker dat elke item ‘n persoonlike gunsteling word, en dit die draer sal aanspoor om legendaries te lewe.
In antieke Noorse Mitologie was Valhalla die enorme saal waarheen die dapperste van die gesneuwelde helde geneem is deur die Valkyries. Daar spandeer hulle die dae deur hul vegkuns te beoefen, en elke aand word daar fees gevier.
Die naam ‘VALHALLA’ is nie juis een wat mens dadelik aan die Suid-Afrikaanse geskiedenis laat dink nie, maar is hierdie naam juis geskies om hulde te bring aan die herkoms van die stigter van hierdie handelsmerk, wie se voorouers vanuit Skandinawië afkomstig is.
Dus ‘n unieke naam vir ‘n unieke besigheid!