IS JY GEREED OM ’N LEGENDE TE WORD?

ONS T-HEMDE

Elkeen van ons hemde word  met trots in die hart van Kaapstad vervaardig deur slegs die hoogste kwaliteit materiaal te gebruik.

Elke hemp word gestik volgens ‘n mode-ontwerper se spesifieke patroon, waarna dit gekleur en die ontwerp daarop gedruk word. 

Deur gebruik te maak van ink wat ‘n water basis het (‘discharge water-based ink’), word die ontwerp deel van die hemp se vesels – dit word nie net daarop geverf nie – wat ‘n sagter, meer duursame skermdruk (‘screen print’) produseer wat langer hou & eko-vriendelik is.

Groottes vir mans (Jonkheer) t-hemde is SMALL – 4XL, en vir dames (Jonkvrouw) t-hemde & frokkies SMALL – XL.

(klik hier as jy meer van die groottes wil uitvind)

ONS DRUPMATJIES

Ons ontwerpe is ook beskikbaar op duursame drupmatjies (‘coasters’), gemaak uit hoë kwaliteit saamgestelde hout bedek met ‘n hitte -en waterbestande glans vernis.

‘n Perfekte bykomstigheid tot enige oppervlak in jou huis.

Laat ‘n legende jou glas vir jou vashou.

BESTELLINGS

Jy kan direk vanaf hierdie e-winkel bestel!

Ons bied ‘n aantal veilige betalingsopsies:

  • EFT
  • PayFast (vir kredietkaart & Zapper betalings), en
  • Snapscan

Jy het dan die keuse tussen 2 afleweringsopsies:

  • Fastway Couriers (indien jou adres in hulle afleweringsgebied is), en
  • Aramex (landswyd)

Doen ons omruilings? Verseker!

INFO KAARTJIES

Elke hemp word vergesel deur ‘n unieke karton kaartjie, wat meer inligting verskaf oor die legende en ontwerp

– bv. waarom sekere elemente in die ontwerp voorkom –

wat ’n uitstekende geleentheid bied om jou geskiedenis spiere te bult tydens enige gesprek.

In die einde bly kennis tog mag.

NUWE BAADJIES VIR OU LEGENDES

Ons gebruik tong-in-die-kies maniere om erkenning te gee aan lankvergete volkshelde wat beskrywend is binne die konteks van die geskiedenis, maar buite die gebondenheid daarvan.

Ons wil jou nuuskierigheid t.o.v jou geskiedenis prikkel -en sodoende aanspoor om legendaries te lewe!

3900+

Aanlyn bestellings reeds verwerk & voltooi

96%

4.73/5 Gemiddelde telling vir die e-winkel volgens resensies.

Trust Badge

23100+

Facebook ondersteuners

FOTO VAN DIE MAAND KOMPETISIE

Ons “Foto van die Maand” kompetisie gee ons ondersteuners die geleentheid om hul kreatiwiteit ten toon te stel deur geïnspireer te word deur VALHALLA & hul geskiedenis.

Van Woltemade saam met ‘n perd in die Namib woestyn, tot Jan by ‘n grenspos in Duitsland, tot ‘n Springbok Lager langs ‘n brons soldaat op die Groot Muur van China – en nog vele meer!

INTERESSANTE ARTIKELS

Soms wil mens bietjie meer weet oor wat in die geskiedenis gebeur het.

Ander kere wil jy net weer historiese gebeurtenisse hersien & die herinneringe spreekwoordelik afstof. 

Met ons reeks van artikels geskryf oor legendariese karakters & ander gebeure, bied ons dit aan in ‘n toeganklike manier wat almal kan geniet.

Jy sou nie nou nog gelees het as jy nie belang gestel het nie, of hoe?

SLUIT AAN BY ONS NUUSBRIEF

Die nuutste verwikkelinge asook bekendstelling van nuwe produkte & aankondinging van uitverkopings/afslag

VOLG ONS OP SOSIALE MEDIA

[instagram-feed]