1
2

4 reviews for HOEDEMEESTERS

  1. Francois de Necker

    Verified reviewVerified review - view originalExternal link

    Ek is n lid van die Jakaranda Rapportryers (Pretoria) en sal graag wil hoor of julle n hemp sal kan ontwerp om die geskiedenis en of agtergrond van die Rapportryer kan gedenk? Ek hoor graag van julle.

  2. Jandri

    Verified reviewVerified review - view originalExternal link

  3. John-Paul Theunissen

    Verified reviewVerified review - view originalExternal link

  4. lourens van den berg

    Verified reviewVerified review - view originalExternal link

Add a review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.

R299.00

Clear

M.T. STEYN & JAN RUITER

“Die Voorste Agterryer”

Aan die begin van Julie 1901, was Pres. Steyn van die OVS te velde saam met lede van sy regering naby die dorpie Reitz. Vroeg die oggend van 11 Julie 1901, terwyl Pres. Steyn te velde was het Jan Ruiter, sy agterryer, opgestaan om solank koffie te maak, maar het opgemerk dat ‘n mag berede Britse soldate afjaag op die kamp.

Hy storm die president se tent binne, waarna hy Steyn (wat nog in sy nagklere was!) na sy perd, Scott neem sodat hy kan ontsnap.

Tydens hul vlug het Steyn ‘n skoot gehoor, en gesien dat Ruiter van sy perd gespring het.
Van die perd afgespring, is Ruiter deur ‘n Britse Offisier gekonfronteer & gevra wie die man op die perd was.

“Dis sommer ‘n ou boer”, het hy geantwoord en is daarna beveel om die Offisier na die president se tent te neem. Ruiter het die man in sirkels gelei om sodoende vir Steyn kans te gee om te ontsnap.
Op daardie stadium wou die Britse soldate die hoed (keil) en mantel van die president verbrand, waarop Ruiter geroep het: ” A nee a! Julle kan nie sommer my klere verbrand nie!”.

Hy het daarna die keil self gedra, en het die President se adjudant later weer vir Ruiter raak geloop, en gevra hoe dit met die President se keil op sy kop gaan. Ruiter se antwoord was: “Dit is maar swaar om eendag Ruiter en die ander dag president te wees!”

Pres. Steyn het tydens sy vlug ‘n boer teëgekom en kommandeer toe die man se hoed – hulle sou later weer ontmoet, waartydens die president aangedring het dat hulle dadelik na ‘n winkel gaan om vir die man ‘n nuwe hoed te koop!

Ruiter sou vir Pres. Steyn vergesel na die Vredesonderhandeling wat die Oorlog beëindig het,en te danke aan sy slim optrede & lojaliteit teenoor Steyn, is ‘n katastrofiese gebeurtenis vermy.

Size

, , , , , ,

T-shirt Info

Navy polycotton t-shirt
Discharge printed design for soft, vintage feel.
Custom woven hem tag & printed neck tag.

Jonkheer Size Chart

Chest Circumference (cm)

SMALL (86-93), MEDIUM (94-101), LARGE (102-109), XL (110-117), 2XL (112-119), 3XL (120-128), 4XL (129-136)