Additional information
Size | |
---|---|
T-shirt Info | Military green polycotton t-shirt |
Jonkheer Size Chart | Chest Circumference (cm) SMALL (86-93), MEDIUM (94-101), LARGE (102-109), XL (110-117), 2XL (112-119), 3XL (120-128), 4XL (129-136) |
R359.00
“Louis Botha & Prins Dinuzulu”
Kroonprins Dinuzulu was die seun van Cetshwayo, die laaste Koning voor die Zoeloe Koninkryk deur die Anglo-Zoeloe Oorlog in 1879 opgebreek is in 13 kleiner deelstate. Hy het ook gedien as opvolger tot die Zoeloe Troon in 1884. Die uitgeslape Zibhebhu, ‘n stamleier & teenstander van Cetshwayo, het ‘n burgeroorlog begin met die doel om homself tot koning te kroon. Dinuzulu, die regmatige koning, het by die Boere om hulp gevra, waarna Lucas Meyer, Louis Botha & ‘n mag van sowat 500-800 ander Boere die Zoeloe Koning gehelp het om Zibhebhu te verslaan. Hulle het bekend gestaan as die “Dinuzulu Vrijwilligers”. Sodoende het ‘n lewenslange vriendskap ontwikkel tussen Dinuzulu & Louis Botha. Dinuzulu het ‘n gedeelte van Zoeloeland vir die Boere gegee, en het hulle die Nieuwe Republiek gestig met Vryheid as die hoofstad. In 1901 weier Koning Dinuzulu volstrek Britse bevele vir sy volk om die wapen op te neem teen die Boererepublieke (op daardie stadium was Louis Botha die militêre leier van die ZAR se weermag), en stamp hy in 1906 weer koppe met Brittanje nadat hy aangekla is vir verraad en gevolglik tot tronkstraf gevonnis is in 1908, siende dat hy Bambatha (ook ‘n Zoeloe stamleier) gehuisves het tydens laasgenoemde se rebellie teen Britse belasting. Met Generaal Louis Botha se verkiesing tot premier van die Unie van Suid-Afrika in 1910, het Botha beveel dat sy ou vriend Dinuzulu vrygelaat word, en het aan hom die plaas ‘Uitkyk’ naby Middelburg in die Transvaal toegestaan waar hy gebly het tot en met sy dood in 1913. Tans staan daar standbeelde van dié twee vriende langs mekaar in die “Botha Tuine” in Durban.Steeds onseker? Klik HIER vir meer inligting
Size | |
---|---|
T-shirt Info | Military green polycotton t-shirt |
Jonkheer Size Chart | Chest Circumference (cm) SMALL (86-93), MEDIUM (94-101), LARGE (102-109), XL (110-117), 2XL (112-119), 3XL (120-128), 4XL (129-136) |
Only logged in customers who have purchased this product may leave a review.
'n Klassieke, pasgemaakte snit wat in styl jou erfenis op jou bors sal laat pryk. Geen ekstra fieterjasies nie, net 'n gemaklike vorm wat reg sit in al die regte plekke.
Elke hemp is plaaslik gestik, gekleur & gedruk in Kaapstad, Republiek van Suid-Afrika.
Gestik uit liggewig en duursame materiaal, met die ontwerp gedruk deur gebruik te maak van water gebasseerde verf, is elke hemp super sag vir heeldag se dra.
Of jy nou die braai beman, langs die veld staan vir ‘n wedstryd, die Dominee gaan ontmoet of vir ‘n aandjie uit saam met jou beter helfte – VALHALLA sal verseker dat jy die smaakvolle middelpunt van enige gesprek word.
Anonymous (verified owner) –
Yolande Champion (verified owner) –
Lindie (verified owner) –