PIET JOUBERT VREDESKORPS

(15 customer reviews)

R359.00

“KOMM.GEN PETRUS JACOBUS JOUBERT”

(20 Januarie 1831 – 28 Maart 1900)

‘n Direkte afstammeling van die vroegste Franse Hugenote, was hy ‘n kind van die Voortrekkers, met Piet Retief wat sy eerste volksheld was.

Later in sy lewe verkry hy die bynaam “Slim Piet”, en het selfs regte studeer vir ‘n ruk, en dien as Prokureur-Generaal van die Z.A.R.

Hy word aangestel as Kommandant-generaal aan die hoof van die miltêre magte van die Z.A.R in 1881, maar was Joubert ‘n man van kontraste – in teenstelling met wat te verwagte sou wees van die hoof van die weermag, het Joubert self die wonde van sy soldate by tye versorg, en het hy na die Eerste Vryheidsoorlog van sy eie fondse gebruik om weduwees & weeskinders te hulp te kom.

Hy was nooit ‘n voorstaander van oorlog nie, en het voorgehou dat hy altyd bereid is om sy hand in vriendskap uit te steek. Sy manskappe het hom meer gesien as ‘n vaderfiguur wat toeganklik was ten alle tye, en wat nooit geskroom het om krediet te gee aan dié wat dit verdien nie.

“Bloed is kosbaar, ek haat dit om dit te mors” sou hy op ‘n keer noem, en sou hy nooit toe laat dat sy manskappe onnodige gevaarlike posisies tydens veldslae beman nie.

Piet Joubert was ‘n prominente staatsman tydens die laat 19e eeu, en het ‘n dagblad in Chicago op ‘n keer na hom verwys as die ‘George Washington’ van die Zuid-Afrikaansche Republiek.

“Wit duif & Olyftakke”

Die gebruik van die wit duif met die olyftakkie om vrede uit te beeld is oorspronklik deur die vroeë Christene gebruik, en was dié beeld gereeld gevind in antieke Rome as deel van die grafkuns wat aan afgestorwe Christene opgedra is, waar die duif met die woord ‘vrede’ (pax) voorkom.

“Die Fleur-de-Lis”

Die Fleur-de-Lis was vir honderde jare die simbool van die Franse Koningshuis, en word steeds met Frankryk verbind.

Piet Joubert se familie is direkte afstammelinge van een van die vroegste Franse Hugenote, Pierre Joubert, wat in 1688 vanaf Provence, Frankryk na die Kaap gekom het en in Franschhoek (toe Olifantshoek) homself gevestig het. Sir Arthur Conan Doyle (outeur van o.a. die Sherlock Holmes-faam en boeke oor die Anglo-Boereoorlog) beskryf vir Joubert as volg:

“He came from that French Huguenot blood which has strengthened and refined every race which it has touched, and from it he derived a chivalry and generosity which made him respected and liked even by his opponents”

“PAX IN VIRTUTE (‘Vrede deur krag’)”

Die frase gee aanleiding daartoe dat militêre mag gebruik kan word om vrede te bekom.

Dit is afkomstig van Hadrianus wat die Romeinse Keiser was tydens die tweede eeu na Christus, met verwysing veral na die bekende ‘Hadrian’s Wall’ in Brittanje, wat deur hom gebou is om ‘n fortifikasie te bied vir die provinsie Brittania om dit teen inval van die barbare te beskerm.

“1880”

Piet Joubert het gedien as Kommandant-Generaal van die Zuid-Afrikaansche Republiek, wat as hoof van die weermag dien, vanaf 1880 tot en met sy afsterwe in 1900.

Hy dien ook as deel van die ‘Triumvirate” (Driemanskap), saam met Paul Kruger en M.W. Pretorius na die afloop van die Eerste Anglo-Boereoorlog om die leiding van die Republiek te behartig totdat ‘n Staatspresident verkies kon word.

“Swaard”

Die swaard dien as simbool van krag, gesag, beskerming & oordeel, maar is ook simbolies van hoflikheid en die indringende krag van die intellek.

As hoof van die weermag moes hy deur krag & gesag die Republiek beskerm, maar was hy ook ‘n gelese man, en het ‘n baie breë algemene kennis gehad (vandaar ‘Slim Piet’).

Sy opponente op die oorlogsveld beskryf as “…a soldier & a gentleman…”, en dus voldoen hy aan al die eienskappe wat deur die swaard gesimboliseer word.

SKU: N/A Category:

Description

BELINDA SMIT
Verified ownerVerified owner
5/5

Ek het op die sale gekoop - wou van die ander items gehad het, maar dit was reeds uitverkoop. Nog steeds gelukkig met my kopie.

3 years ago
JAN
Verified ownerVerified owner
5/5
3 years ago
Pierre D.
Verified ownerVerified owner
5/5

Gemaklik, kwaliteit. Dalk minder bekende onderwerp, maar mense het nog steeds van die ontwerp onthou.

3 years ago
Susan Van Dyk
Verified ownerVerified owner
5/5
3 years ago
Gerhard Jacobs
Verified ownerVerified owner
5/5
4 years ago
Jay-Jay Kennon
Verified ownerVerified owner
5/5
4 years ago
Sas du Plessis
Verified ownerVerified owner
5/5
4 years ago
Stian S.
Verified ownerVerified owner
5/5
4 years ago
Janine Kotze
Verified ownerVerified owner
5/5
4 years ago
Yolande Champion
Verified ownerVerified owner
5/5
4 years ago
Garth K.
Verified ownerVerified owner
5/5
5 years ago
Andries
Verified ownerVerified owner
5/5
5 years ago
Konrad Potgieter
Verified ownerVerified owner
5/5

Goeie kwaliteit

5 years ago
C Swanepoel
Verified ownerVerified owner
5/5
6 years ago
Elizabeth Marais
Verified ownerVerified owner
5/5
6 years ago

Additional information

Size

, , , , , ,

T-shirt Info

Navy polycotton t-shirt
Discharge printed design for soft, vintage feel.
Custom woven hem tag & printed neck tag.

Jonkheer Size Chart

Chest Circumference (cm)

SMALL (86-93), MEDIUM (94-101), LARGE (102-109), XL (110-117), 2XL (112-119), 3XL (120-128), 4XL (129-136)

15 reviews for PIET JOUBERT VREDESKORPS

  1. BELINDA SMIT (verified owner)

    Ek het op die sale gekoop – wou van die ander items gehad het, maar dit was reeds uitverkoop. Nog steeds gelukkig met my kopie.

  2. JAN (verified owner)

  3. Pierre D. (verified owner)

    Gemaklik, kwaliteit. Dalk minder bekende onderwerp, maar mense het nog steeds van die ontwerp onthou.

  4. Susan Van Dyk (verified owner)

  5. Gerhard Jacobs (verified owner)

Only logged in customers who have purchased this product may leave a review.