Description
Kaptein Jan van Hunks was ‘n berugte pyp roker aan die Kaap van Goeie Hoop tydens die vroeë 1700’s. Van Hunks was op sy gelukkigste teen die hange van Tafelberg, toe bekend as Windberg, waar hy rustig aan sy pyp kon teug en die uitsig oor Tafelbaai geniet. Op ‘n dag was hy oudergewoonte oppad om te rook, maar was verbaas om te sien dat ‘n vreemdeling in ‘n lang, swart jas met ‘n breëband hoed op sy plek sit. Nog meer verbaas was Jan dat die vreemdeling hom op die naam groet. Hy het langs die man gaan sit, en kort voor lank het beide gespog oor die hoeveelheid wat hulle kan rook, en het die mans mekaar gedaag tot ‘n kompetisie.
Heeldag het hulle gerook, soveel so dat hulle mekaar skaars kon sien, en dat die rook die hele Tafelberg bedek het. So het dit aangehou totdat die vreemdeling uit asem vooroor geval het, en sy hoed van sy kop geval het – net om twee horings bloot te lê. Van Hunks kon sy oë nie glo nie – hy het die duiwel in ‘n rook kompetisie gewen! Die vreemdeling het meteens sy hande geklap en met ‘n groot donderslag het beide hy en Van Hunks verdwyn. Tot vandag toe daag die duiwel vir Van Hunks uit, en word Tafelberg bedek met ‘n wolk wanneer hulle mekaar die stryd aansê.
Darius T. (verified owner) –
Sue da Cal (verified owner) –
Make our my hemde se Saterdag materiaal en hoe dit pas.