Danie Theron & Bros. Fietsvervaardigers (Dames)

R319.00R359.00

(3 customer reviews)

“DANIE THERON”

Daniël J.S (“Danie”) Theron was Kommandant van die Wielrijders Rapportgangers Korps, militêre fietsry korps wat deur hom & J.P (Koos) Jooste (later Kommandant Jooste), ‘n fietsry kampioen, gestig is. Hierdie Korps (wat later tot die Theron se Verkenningskorps (TVK) sou ontwikkel), was hoofsaaklik verantwoordelik vir verkenningsmissies asook om boodskappe heen en weer tussen die kommando’s te herlei.

Die Opperbevelvoerder van die Britse leër, Lord Roberts, het na Theron verwys as: “Die grootste doring in die vlees van die Britte” & het 4000 man afgesonder om die TVK te vind.

Na verskeie hoogtepunte as kommandant, onder meer toe hy roem verwerf het deur by Paardeberg heen en weer deur die linies van die vyand met ‘n boodskap vir die beleërde gen. Piet Cronje te beweeg.

Op 5 September 1900  verken Komm. Theron alleen die koppie naby die Gatsrand gebied en kom te staan teen 7 lede van die berede magte van Marshall’s Horse. Hy vuur ‘n magdom rondtes af met die hoop dat dit sal voorkom dat daar baie meer manskappe saam met hom is. Die artelleriste wat die berede brigade vergesel het, vuur toe hul kanonne op die koppie, en Danie Theron sneuwel nada thy deur skrapnel getref word. Hierdie hemp is ‘n huldeblyk aan Danie Theron, wat onthou word vir sy eerlikheid, betroubaarheid en deursettingsvermoë in onmoontlike situasies.

Die Fynere Details:
  • Moderne snit t-hemp (indien jy onseker is, bestel dalk ‘n bietjie groter hemp)
  • Gemaak van polikatoen materiaal, verskaf dit ‘n liggewig, gemaklike t-hemp wat perfek is om die hele dag te dra, maar ook meer duursaam, met die ekstra voordeel dat dit minder kreukel – so dit kan baie meer gedra en gewas word sonder enige tekens van verniel of krimping.
  • Water gebaseerde verf word gebruik om die kunswerk op die bors ‘n vintage & sagte gevoel te gee.
  • Beskikbaar in groottes: SMALL – 4XL.
  • Trots vervaardig in Kaapstad, Suid-Afrika.

Steeds onseker? Klik HIER vir meer inligting

ONLANGSE RESENSIES

Monique Brooks
Verified ownerVerified owner
5/5
3 years ago
Irene Fischer
Verified ownerVerified owner
5/5

Daar is min hemde daarbuite met 'n interessante grafiese ontwerp op en dié oulike een is ongelooflik aptytwekkend

4 years ago
Hermi Pelser
Verified ownerVerified owner
5/5

My absolute gunsteling! Het hom al deur die land gevat.

6 years ago

Description

Monique Brooks
Verified ownerVerified owner
5/5
3 years ago
Irene Fischer
Verified ownerVerified owner
5/5

Daar is min hemde daarbuite met 'n interessante grafiese ontwerp op en dié oulike een is ongelooflik aptytwekkend

4 years ago
Hermi Pelser
Verified ownerVerified owner
5/5

My absolute gunsteling! Het hom al deur die land gevat.

6 years ago

Additional information

STYLE

TANK TOP, T-SHIRT

SIZE

XSMALL, SMALL, MEDIUM, LARGE, XL

3 reviews for Danie Theron & Bros. Fietsvervaardigers (Dames)

  1. Monique Brooks (verified owner)

  2. Irene Fischer (verified owner)

    Daar is min hemde daarbuite met ‘n interessante grafiese ontwerp op en dié oulike een is ongelooflik aptytwekkend

  3. Hermi Pelser (verified owner)

    My absolute gunsteling! Het hom al deur die land gevat.

Only logged in customers who have purchased this product may leave a review.

You may also like…

Die Details

Die Snit

'n Klassieke, pasgemaakte snit wat in styl jou erfenis op jou bors sal laat pryk. Geen ekstra fieterjasies nie, net 'n gemaklike vorm wat reg sit in al die regte plekke.

Gemaak in die Moederstad

Elke hemp is plaaslik gestik, gekleur & gedruk in Kaapstad, Republiek van Suid-Afrika.

Uitnemende Kwaliteit

Gestik uit liggewig en duursame materiaal, met die ontwerp gedruk deur gebruik te maak van water gebasseerde verf, is elke hemp super sag vir heeldag se dra.

Gereed vir enige Avontuur

Of jy nou die braai beman, langs die veld staan vir ‘n wedstryd, die Dominee gaan ontmoet of vir ‘n aandjie uit saam met jou beter helfte – VALHALLA sal verseker dat jy die smaakvolle middelpunt van enige gesprek word.