RIJK TULBAGH: DIE ‘VADER’ VAN DIE VROEË KAAP

GOEIE OU VADER TULBAGH

Tulbagh was een van die min, indien nie die mees, geliefde goewerneurs van die Kaapkolonie, en was daar verwys na sy goewerneurskap as “…die goeie ou tye onder Vader Tulbagh…”

Op 16-jarige ouderdom sluit hy aan by die V.O.C en ‘n jaar later in 1716 seil hy na die Kaap waar sy loopbaan ‘n snelle opgang gehad het tot en met sy aanstelling as Goewerneur in 1751.

Hy was in die amp vir 20 jaar (1751 tot en met sy dood in 1771), en was aan bewind toe die pokke epidemie die kolonie se bevolking amper uitgewis het.

Hy het in sy tyd bekend gestaan as “Vader Tulbagh” vanweë die feit dat hy ‘n dienaar van die mense was, wat gestreef het om hul lewens aan die suidpunt van Afrika beter te maak. Die eerste biblioteek in die Kolonie, met 3800 boeke & manuskripte is ook tydens sy goewerneuskap in 1761 gestig.

Hy was bekend vir sy welwillendheidswerk, maar was ook betrokke by die wetenskap, siende dat hy tydens sy tyd in die Kaap meer as 200 monsters van die omliggende natuurskoon gestuur het aan Sweedse plantkundige, Carl Linnaeus, die ‘Vader van Taksonomie’. Die ‘wilde knoffel’ (‘Tulbaghia’) is deur Linnaeus ter ere van Rijk Tulbagh vernoem, en kom wydverspreid in Suid-Afrika voor. Ook die ‘Bergnooientjie’ skoenlapper is deur Linnaeus na Tulbagh vernoem, na dié skoenlapper deel was van die versameling monsters wat hy na Europe gestuur het.

Linnaeus het die volgende oor Tulbagh gesê:

“also to enjoy the sovereign control of that Paradise on Earth, the Cape of Good Hope, which the beneficent Creator has enriched with his choicest wonders. Certainly if I were at liberty to change my fortune for that of Alexander the Great or of Solomon, Croesus or Tulbagh, I should without hesitation prefer the latter.”

Hy was getroud met Elizabeth Swellengrebel, suster van Hendrik Swellengrebel, na wie Swellendam vernoem is.

Goewerneur Willem Adriaan van der Stel, Simon se seun & opvolger, het in 1699 die area waar die hedendaagse dorpie Tulbagh geleë is, “Het Land van Waveren” genoem, ter ere van sy moeder se familie, en het Nederlandse burgers asook Franse Hugenote hulself daar gevestig.

Interessant dat die area waar die hedendaagse dorpie Tulbagh geleë is (wat na Rijk vernoem is in 1804), is in 1699, dieselfde jaar as Rijk se geboorte, vir die eerste keer bewoon.