RIJK TULBAGH SKOOL VIR PLANTKUNDE

R359.00

(6 customer reviews)

“RIJK TULBAGH”

(14 Mei 1699 – 11 Aug 1771)

Tulbagh was een van die min, indien nie die mees, geliefde goewerneurs van die Kaapkolonie, en was daar verwys na sy goewerneurskap as “die goeie ou tye onder Vader Tulbagh”,  vanweë die feit dat hy ‘n dienaar van die mense was, wat gestreef het om hul lewens aan die suidpunt van Afrika beter te maak.

 

Tulbagh was ‘n intelektueel wat ‘n lewendige belangstelling in die plante-en dierelewe aan die Kaap gehad het.

 

Hy korrespondeer in Latyn met Carl Linnaeus, die bekende Sweedse plantkundige, en laasgenoemde ontvang soveel Kaapase monsters van Rijk dat hy een soort van die leliefamilie, die wildeknoffel, na hom vernoem (Tulbaghia), asook die Bergnooientjie skoenlapper (Aeropetes tulbaghia), wat uitsluitlik verantwoordelik is vir die bestuiwing van die disa-blom.

Die Fynere Details:
  • Moderne snit t-hemp (indien jy onseker is, bestel dalk ‘n bietjie groter hemp)
  • Gemaak van polikatoen materiaal, verskaf dit ‘n liggewig, gemaklike t-hemp wat perfek is om die hele dag te dra, maar ook meer duursaam, met die ekstra voordeel dat dit minder kreukel – so dit kan baie meer gedra en gewas word sonder enige tekens van verniel of krimping.
  • Water gebaseerde verf word gebruik om die kunswerk op die bors ‘n vintage & sagte gevoel te gee.
  • Beskikbaar in groottes: SMALL – 4XL.
  • Trots vervaardig in Kaapstad, Suid-Afrika.

Steeds onseker? Klik HIER vir meer inligting

ONLANGSE RESENSIES

Additional information

Size

, , , , , ,

T-shirt Info

Off-white polycotton t-shirt
Discharge printed design for soft, vintage feel.
Custom woven hem tag & printed neck tag.

Jonkheer Size Chart

Chest Circumference (cm)

SMALL (86-93), MEDIUM (94-101), LARGE (102-109), XL (110-117), 2XL (112-119), 3XL (120-128), 4XL (129-136)

6 reviews for RIJK TULBAGH SKOOL VIR PLANTKUNDE

  1. Anlo Swart (verified owner)

Only logged in customers who have purchased this product may leave a review.

You may also like…

Die Details

Die Snit

'n Klassieke, pasgemaakte snit wat in styl jou erfenis op jou bors sal laat pryk. Geen ekstra fieterjasies nie, net 'n gemaklike vorm wat reg sit in al die regte plekke.

Gemaak in die Moederstad

Elke hemp is plaaslik gestik, gekleur & gedruk in Kaapstad, Republiek van Suid-Afrika.

Uitnemende Kwaliteit

Gestik uit liggewig en duursame materiaal, met die ontwerp gedruk deur gebruik te maak van water gebasseerde verf, is elke hemp super sag vir heeldag se dra.

Gereed vir enige Avontuur

Of jy nou die braai beman, langs die veld staan vir ‘n wedstryd, die Dominee gaan ontmoet of vir ‘n aandjie uit saam met jou beter helfte – VALHALLA sal verseker dat jy die smaakvolle middelpunt van enige gesprek word.