Description
Simon van der Stel (14 Oktober 1639 – 24 Junie 1712), is in 1679 as die laaste Kommandeur van die Kaap de Goede Hoop aangestel (dié titel is in 1691 vervang met Goewerneur). Hy het van die staanspoor af groot planne vir die nedersetting aan die punt van Afrika gehad, en stig in dieselfde jaar as sy aanstelling die dorp Stellenbosch, wat die oudste Europese nedersetting in Suid-Afrika is buiten die Kaap. In 1685 stig hy Groot Constantia om as voorbeeld vir die wynboere van die dag te wees (blykbaar was die wyn wat daar gemaak is ‘n gunsteling van Napoleon Bonaparte), en doen hy ‘n beroep op die Here XVII van die V.O.C om Franse Hugenote met kennis van wynmakery toe te laat om in 1688 hulself te vestig in die area waar die hedendaagse Franschhoek geleë is (vandaar die naam). Alhoewel wyn al tydens Jan van Riebeeck se dae aan die Kaap verbou is, het Simon van der Stel verseker dat Suid-Afrikaanse wyn van die bestes te wêreld word.
Hanno Becker (verified owner) –
Baie uniek. Mal daaroor!
Philippie Olivier (verified owner) –