Description
Niklaas Pieter Johannes Van Rensburg (30 Augustus 1864 – 11 Maart 1926), was deur baie gesien as ‘n profeet tydens die Anglo-Boereoorlog aan die einde van die 19de eeu, waartydens die bynaam “Siener” aan hom gegee is na aanleiding van ‘n aantal klaarblyklike akkurate voorspellings tydens die oorlog. Sy voorspellings & visioene het ‘n baie sterk patriotiese en godsdienstige grondslag gehad, en was hy ook ‘n vertroueling van Genl. De la Rey, wat vir Siener gewerf het tot sy kommando.
Alhoewel menigte sy profesieë afmaak as verdigsels, fassineer die mistiek rondom Siener van Rensburg mense al vir meer as ‘n honderd jaar, en lok die blote noem van sy naam steeds reaksie uit.
Darius T. (verified owner) –