Description
Bartolomeu Dias de Novaes (circa 1451 – 24 Mei 1500), was die eerste Europeër wat om die punt van Afrika geseil het, op soek na ‘n roete na Indië & die Ooste. Op 3 Februarie 1488 land sy ekspedisie op ‘n strand wat die naam Bahia de São Bras (Baai van Sint Blasius) sou dra vir meer as ‘n honderd jaar, voordat dit deur ‘n ander seevaarder herdoop is tot Mosselbaai. Hy seil tot by die Groot-Visrivier, waarna hy moes omdraai siende dat sy bemanningslede verset gebied het teen die voortsetting van die reis. Volgens oorlewering het Dias die Kaap “Cabo das Tormentas” (Kaap van Storms) genoem, en dat Koning João II van Portugal dit herdoop het tot “Cabo da Boa Esperança” (Kaap van Goeie Hoop), maar meer konkrete bewyse, wat die getuienis van Christopher Columbus insluit, dui daarop dat Dias self die Kaap sy naam gegee het.
Vasco da Gama (circa 1460s – 23 Desember 1524) word as een van die Era van Ontdekking se grootste helde beskou, siende dat hy die eerste Europese seevaarder geword het wat suksesvol na Indië gereis het, deur in 1498 in Kalikoet aan wal te gaan. In 1497 land hy by huidige Mosselbaai, waarna hulle gedurende die Kerstyd die kus waarlangs hulle gevaar het, “Terra do Natal” genoem het. Da Gama het legendariese status verwerf met sy terugkeer na Portugal, en die titel (een van vele) as “Admiraal van die Seë van Persië, Arabië, Indië en die hele Ooste” verkry.
Die voorbereidings vir Da Gama se reis is deur Dias oorsien, en het hy ook as Da Gama se adviseur opgetree. Dias was deel van Da Gama se ekspedisie, en het saam met die vloot geseil tot by die Kaap Verdiese eilande.
Liezl (verified owner) –
Alwyn (verified owner) –
Elizabeth Marais (verified owner) –
Tersia Viljoen (verified owner) –