Description
Daniël J.S (“Danie”) Theron was Kommandant van die Wielrijders Rapportgangers Korps, militêre fietsry korps wat deur hom & J.P (Koos) Jooste (later Kommandant Jooste), ‘n fietsry kampioen, gestig is. Hierdie Korps (wat later tot die Theron se Verkenningskorps (TVK) sou ontwikkel), was hoofsaaklik verantwoordelik vir verkenningsmissies asook om boodskappe heen en weer tussen die kommando’s te herlei.
Die Opperbevelvoerder van die Britse leër, Lord Roberts, het na Theron verwys as: “Die grootste doring in die vlees van die Britte” & het 4000 man afgesonder om die TVK te vind.
Na verskeie hoogtepunte as kommandant, onder meer toe hy roem verwerf het deur by Paardeberg heen en weer deur die linies van die vyand met ‘n boodskap vir die beleërde gen. Piet Cronje te beweeg.
Op 5 September 1900 verken Komm. Theron alleen die koppie naby die Gatsrand gebied en kom te staan teen 7 lede van die berede magte van Marshall’s Horse. Hy vuur ‘n magdom rondtes af met die hoop dat dit sal voorkom dat daar baie meer manskappe saam met hom is. Die artelleriste wat die berede brigade vergesel het, vuur toe hul kanonne op die koppie, en Danie Theron sneuwel nada thy deur skrapnel getref word. Hierdie hemp is ‘n huldeblyk aan Danie Theron, wat onthou word vir sy eerlikheid, betroubaarheid en deursettingsvermoë in onmoontlike situasies.
Darius T. (verified owner) –
paul michau (verified owner) –
Santie L. (verified owner) –
Paul Michau (verified owner) –
Tersia Viljoen (verified owner) –
Ek dra my t-hemp ten minste elke naweek!