Description
DIE FRIS VOORTREKKER-LEIER:
Andries Pretorius was ‘n Voortrekker-leier wat die leierskap van Piet Retief se Trekgeselskap oorgeneem het na laasgenoemde se afsterwe.
Hy dien as bevelvoerder tydens die Slag van Bloedrivier, waarna hy bydra tot die vestiging van die Republiek van Natalia. In 1852 is hy ‘n leidende rolspeler tydens die onderhandelings by die Sandrivier Konvensie, wat gelei het tot die onafhanklikheidswording van die area noord van die Vaalrivier, en dus die stigting van die Zuid-Afrikaansche Republiek.
Die Zoeloe’s het hom “Ngalonkulu” (gespierde arms) genoem, en was hy hoog geag deur beide die Britse –en Afrika-leiers van die tyd, en met sy afsterwe het menigte hulle respek by sy plaas in Magaliesberg gaan betoon.
Andries en Harry Smith stamp koppe sedert 1842, toe Brittanje geweier het om die Republiek van Natalia te erken, en gepoog het om dit te annekseer. Smith was op daardie stadium ‘n kaptein maar selfs ten spyte van die gemors wat hy gemaak het met die hantering van Pretorius, is hy tot majoor bevorder na die Slag van Durban.
Smith het in Julie 1848 vir Pretorius as ‘rebel’ verklaar & ‘n losprys van £1000 aangebied. Pretorius het nie op hom laat wag nie, en in begin Augustus 1848 ‘n losprys van £3000 vir Smith se inhegtenisname aangebied, en ook homself verklaar as “Koning Andreas I, koning van die Immigrante van die Noordelike gebiede van Suidelike Afrika”, om sy minagting vir Smith te wys!
Sy seun, Marthinus Wessel Pretorius, wat as eerste president van die Z.A.R gedien het, het die dorp Pretoria na sy pa vernoem.
Tiaan Pretorius (verified owner) –
Uitstekende gehalte met bakgat ‘n ontwerp. Defnitief waarde vir geld.
Lerina Haasbroek (verified owner) –
Charl Van der Westhuizen (verified owner) –
Goeie kwaliteit maar grootte is ongeveer 2 keer kleiner as normaal.