PIET JOUBERT: DIE ONWAARSKYNLIKE GENERAAL

Sy familie is direkte afstammelinge van een van die vroegste Franse Hugenote, Pierre Joubert, wat in 1688 in Franschhoek (toe Olifantshoek) homself gevestig het.

Op 6 jarige ouderdom sluit sy familie aan by die Groot Trek, en word Piet Retief die eerste volksheld vir die jong Piet Joubert. Sy pa, Josua Francois, was een van die predikers tydens die eerste dankseggingsdiens van Geloftedag in 1839.

Hy sou later in sy lewe noem dat: “…die kennis wat ek het, het ek verkry op die pad van ervaring…”, en dat hy “…’n Kind van die Voortrekkers…” is, iets waaroor hy altyd sou trots wees.

Hy verkry die bynaam “Slim Piet”, en het selfs regte studeer vir ‘n ruk, en later as Prokureur-Generaal van die Z.A.R gedien.

Hy word aangestel as Kommandant-generaal aan die hoof van die miltêre magte van die Z.A.R in 1881, maar was Joubert ‘n man van kontraste – in teenstelling met wat te verwagte sou wees van die hoof van die weermag, het Joubert self die wonde van sy soldate by tye versorg, en het hy na die Eerste Oorlog van sy eie fondse gebruik om weduwees & weeskinders te hulp te kom. Sy manskappe het hom meer gesien as ‘n vaderfiguur wat toeganklik was ten alle tye, en nooit geskroom het om krediet te gee aan dié wat dit verdien het nie.

Alhoewel Komm-Gen. ‘Slim’ Piet Joubert aan die hoof van die ZAR weermag was vanaf 1880, tot en met sy afsterwe in 1900, was hy ‘n man wat oorlog gehaat het, en eerder alternatiewe metodes sou gebruik om konflik op te los

“Bloed is kosbaar, ek haat dit om dit te mors” sou hy op ‘n keer noem, en sou hy nooit toe laat dat sy manskappe onnodige gevaarlike posisies tydens veldslae beman nie.

Alhoewel Piet Joubert baie in die skadu van Paul Kruger geleef het, was hyself ‘n groot rolspeler in die politieke arena van die laat 19e eeu.

Op sy beurt sou hy dien as Waarnemende President van die Z.A.R, asook as deel van die Triumvirate (‘Driemanskap’) wat aan die hoof van die regering gestaan het na die Eerste Vryheidsoorlog, en was Kommandant-Generaal tot en met sy dood in 1900. Na sy afsterwe beskryf ‘n dagblad in Chicargo hom as “die George Washington van die Zuid-Afrikaansche Republiek” in ‘n berig wat die as huldeblyk aan die Generaal.

In 1886 word Pietersburg na hom vernoem, na dit aan hom oorgelaat is om terrein af te baken om ‘n nuwe dorp te stig.

“Although so strongly individualistic, he was always ready to listen to another’s opinion & keen to find a peaceful solution rather than argue.
When pushed into a fight, he fought well, but he preferred to stay out of a scrap rather than become involved in it.” – Johannes Meintjes (The Commandant-General)