DANIE THERON: DIE EERSTE RECCE

DIE EERSTE RECCE

Daniël J.S (“Danie”) Theron was Kommandant van die Wielrijders Rapportgangers Corps, ‘n militêre fietsry korps wat deur hom & J.P (Koos) Jooste (later Kommandant Jooste), ‘n fietsry kampioen, gestig is.
Hierdie Korps (wat later tot die Theron se Verkenningskorps (TVK) sou ontwikkel), was hoofsaaklik verantwoordelik vir verkenningsmissies asook om boodskappe heen en weer tussen die kommando’s te herlei.

Die Opperbevelvoerder van die Britse leër, Lord Roberts, het na Theron verwys as: “Die grootste doring in die vlees van die Britte” & het 4000 man afgesonder om die TVK te vind.

Hy het ook die bynaam “Kaptein Dik-eet” onder sy makkers verwerf na hy kapsie gemaak het teen die karige ransoene wat sy Korps ontvang het, veral die tekort aan groente. Hy het voorgehou dat sy troepe altyd vêr weg van die voorradelinies hul missies uitgevoer het, en dat die kos wat aan hulle verskaf moes word altyd laat of min was. Hy wou gehad het die Wielrijders Corps moes beter kos kry as droë brood, rys en vleis!

Na verskeie hoogtepunte as kommandant, onder meer toe hy roem verwerf het deur by Paardeberg heen en weer deur die linies van die vyand met ‘n boodskap vir die beleërde Gen. Piet Cronje te beweeg, sterf hy op 28 jarige ouderdom nadat skrapnel van kanonvuur hom tref.

Hy is 10 dae later deur die lede van sy Korps. herbegrawe in die familie begraafplaas van ‘n ene Pienaar, maar ‘n paar jaar later (bronne verskil, 1903 of 1910) is sy oorskot na instruksie van sy laaste testament tot ruste gelê langs sy oorlede verloofde, Hannie Neethling, op haar pa se plaas Eikenhof.

Hy kan as die eerste “Recce” beskou word, siende dat hy die eerste amptelike verkenningskorps (‘reconnaissance corps’) gestig het.