“WOLRAAD WOLTEMADE”
Op 1 Junie 1773 het Wolraad Woltemade met sy perd Vonk die koue Kaapse winter waters trotseer om die gestrande bemanning van die VOC-skip, De Jonge Thomas, te hulp te kom. Veertien lede van die skip se bemanning is gered nadat hy sewe keer die branders aangedurf het. Met sy agtste poging het die skip finaal gesink, en het ses van die oorblywende matrose wat aan die wrak vasgeklou het pankiekbevange aan Woltemade en sy perd probeer klou.
Teen hierdie stadium was beide al uitgeput, en het hulle onder die branders verdwyn. Die volgende oggend is die liggame van Woltemade en Vonk op die strand gevind. Nou, meer as 200 jaar na sy heldedaad, is die naam Wolraad Woltemde steeds sinoniem met die onbaatsugtige opoffering vir jou medemens en dapperheid.
“De Held Woltemade”
Wolraad Woltemade was van Duitse afkoms, maar het aangesluit by die V.O.C & as melkboer gewerk aan die Kaap. Die aand van die insident was hy & Vonk oppad om vir sy seun, Korporaal Christiaan Woltemade, kos te neem (hy was ‘n soldaat in diens van die V.O.C). Woltemade was 65 jaar oud toe hy die onmoontlike gedoen het & sy lewe gegee het om 14 bemanningslede van die verdoemde skip te red.
Na sy dood is ‘n V.O.C skip na hom vernoem (
De Held Woltemade), en was die hoogste burgerlike toekenning die Woltemade Dekorasie vir Dapperheid(goud & silwer) tussen 1970-1988, en is dit vervang met die Woltemade Kruis vir Dapperheid (goud & silwer) wat toegeken is tot en met 2002. Laasgenoemde se ontvanger kon die letters “WD” post-nominaal gebruik. ‘n Standbeeld wat Woltemade op Vonk uitbeeld kan gesien word voor die Woltemade Stasie in Kaapstad.
“Papendorp, ook bekend as Woodstock”
Woltemade se heldedaad het plaasgevind in die koue waters oorkant wat vandag bekend staan as die buurt,
Woodstock in Kaapstad (op daardie stadium was die woongebied nog Papendorp genoem). Die huidige wapenskild van Woodstock bevat beelde van hierdie gebeurtenis, in die vorm van ‘n sinkende skip (wat verwys na die
De Jonge Thomas), asook ‘n man op ‘n perd in die water, wat Woltemade & Vonk voorstel.
Anlo Swart (verified owner) –