WOLTEMADE – Babatjie

R190.00

“WOLRAAD WOLTEMADE” Op 1 Junie 1773 het Wolraad Woltemade met sy perd Vonk die koue Kaapse winter waters trotseer om die gestrande bemanning van die VOC-skip, De Jonge Thomas, te hulp te kom. Veertien lede van die skip se bemanning is gered nadat hy sewe keer die branders aangedurf het. Met sy agtste poging het die skip finaal gesink, en het ses van die oorblywende matrose wat aan die wrak vasgeklou het pankiekbevange aan Woltemade en sy perd probeer klou. Teen hierdie stadium was beide al uitgeput, en het hulle onder die branders verdwyn. Die volgende oggend is die liggame van Woltemade en Vonk op die strand gevind. Nou, meer as 200 jaar na sy heldedaad, is die naam Wolraad Woltemde steeds sinoniem met die onbaatsugtige opoffering vir jou medemens en dapperheid. Dit is na aanleiding van hierdie heldedaad dat die hemp “W.S.R.I” in die lewe geroep is, as huldeblyk tot Wolraad Woltemade.

Die Fynere Details:

  • Ons babavestjies is gemaak van 100% katoen, met die melange-kleure wat ‘n 90/10 Polyester/Katoen mengsel is.
  • Ons T-hemde is gemaak van 160g gekamde katoen, met die melange-kleure wat ‘n 65/35 Polyester/Katoen mengsel is.
  • Trots vervaardig in Suid-Afrika.

ONLANGSE RESENSIES

Additional information

Size

, , , ,

Reviews

There are no reviews yet.

Only logged in customers who have purchased this product may leave a review.

You may also like…

Die Details

Die Snit

'n Klassieke, pasgemaakte snit wat in styl jou erfenis op jou bors sal laat pryk. Geen ekstra fieterjasies nie, net 'n gemaklike vorm wat reg sit in al die regte plekke.

Gemaak in die Moederstad

Elke hemp is plaaslik gestik, gekleur & gedruk in Kaapstad, Republiek van Suid-Afrika.

Uitnemende Kwaliteit

Gestik uit liggewig en duursame materiaal, met die ontwerp gedruk deur gebruik te maak van water gebasseerde verf, is elke hemp super sag vir heeldag se dra.

Gereed vir enige Avontuur

Of jy nou die braai beman, langs die veld staan vir ‘n wedstryd, die Dominee gaan ontmoet of vir ‘n aandjie uit saam met jou beter helfte – VALHALLA sal verseker dat jy die smaakvolle middelpunt van enige gesprek word.