Description
R319.00 – R359.00
HERRY DIE STRANDLOPER
(?1625 – 1663)
Herry die Strandloper (“Autshumato”) was ‘n bekende gesig aan die Kaap de Goede Hoop tydens die middel 1600’s en was hy menig male ‘n gas aan die tafel van Jan van Riebeeck.
Volgens oorlewering is “Herry’s Beach Bar & Chill Lounge” nog voor Van Riebeeck se aankoms gestig as kuierplek vir die plaaslike bevolking asook seevaarders wat om die Kaap gevaar het.
Historici is nie seker presies wanneer “Herry’s” vir die eerste keer sy deure geopen het nie, maar stem hulle ooreen dat dit die mees populêre taphuis was suid van die Liesbeekrivier.
Met ‘n spyskaart wat gespog het met slegs die beste plaaslike geregte & drankies, ‘n pragtige uitsig oor Tafelbaai met die sand onder jou voete, asook musiek deur “Die Strandlopers”, was dit vanselfsprekend dat “Herry’s” bygedra het tot die ‘Hoop’ in Goede Hoop!
Die Fynere Details:
Steeds onseker? Klik HIER vir meer inligting
STYLE | TANK TOP, T-SHIRT |
---|---|
SIZE | SMALL, MEDIUM, LARGE, XLARGE |
Only logged in customers who have purchased this product may leave a review.
'n Klassieke, pasgemaakte snit wat in styl jou erfenis op jou bors sal laat pryk. Geen ekstra fieterjasies nie, net 'n gemaklike vorm wat reg sit in al die regte plekke.
Elke hemp is plaaslik gestik, gekleur & gedruk in Kaapstad, Republiek van Suid-Afrika.
Gestik uit liggewig en duursame materiaal, met die ontwerp gedruk deur gebruik te maak van water gebasseerde verf, is elke hemp super sag vir heeldag se dra.
Of jy nou die braai beman, langs die veld staan vir ‘n wedstryd, die Dominee gaan ontmoet of vir ‘n aandjie uit saam met jou beter helfte – VALHALLA sal verseker dat jy die smaakvolle middelpunt van enige gesprek word.
Anonymous (verified owner) –
Goeie kwaliteit
Chanel Jooste (verified owner) –
Marcus (verified owner) –