Herry’s Beach Bar (Dames)

Price range: R319.00 through R359.00

(3 customer reviews)

HERRY DIE STRANDLOPER

(?1625 – 1663)

Herry die Strandloper (“Autshumato”) was ‘n bekende gesig aan die Kaap de Goede Hoop tydens die middel 1600’s en was hy menig male ‘n gas aan die tafel van Jan van Riebeeck.

Volgens oorlewering is “Herry’s Beach Bar & Chill Lounge” nog voor Van Riebeeck se aankoms gestig as kuierplek vir die plaaslike bevolking asook seevaarders wat om die Kaap gevaar het.

Historici is nie seker presies wanneer “Herry’s” vir die eerste keer sy deure geopen het nie, maar stem hulle ooreen dat dit die mees populêre taphuis was suid van die Liesbeekrivier.

Met ‘n  spyskaart wat gespog het met slegs die beste plaaslike geregte & drankies, ‘n pragtige uitsig oor Tafelbaai met die sand onder jou voete, asook musiek deur “Die Strandlopers”, was dit vanselfsprekend dat “Herry’s” bygedra het tot die ‘Hoop’ in Goede Hoop!

Die Fynere Details:

  • Moderne snit t-hemp (indien jy onseker is, bestel dalk ‘n bietjie groter hemp)
  • Gemaak van polikatoen materiaal, verskaf dit ‘n liggewig, gemaklike t-hemp wat perfek is om die hele dag te dra, maar ook meer duursaam, met die ekstra voordeel dat dit minder kreukel – so dit kan baie meer gedra en gewas word sonder enige tekens van verniel of krimping.
  • Water gebaseerde verf word gebruik om die kunswerk op die bors ‘n vintage & sagte gevoel te gee.
  • Beskikbaar in groottes: SMALL – 4XL.
  • Trots vervaardig in Kaapstad, Suid-Afrika.

Steeds onseker? Klik HIER vir meer inligting

You may also like…

Die Details

Die Snit

'n Klassieke, pasgemaakte snit wat in styl jou erfenis op jou bors sal laat pryk. Geen ekstra fieterjasies nie, net 'n gemaklike vorm wat reg sit in al die regte plekke.

Gemaak in die Moederstad

Elke hemp is plaaslik gestik, gekleur & gedruk in Kaapstad, Republiek van Suid-Afrika.

Uitnemende Kwaliteit

Gestik uit liggewig en duursame materiaal, met die ontwerp gedruk deur gebruik te maak van water gebasseerde verf, is elke hemp super sag vir heeldag se dra.

Gereed vir enige Avontuur

Of jy nou die braai beman, langs die veld staan vir ‘n wedstryd, die Dominee gaan ontmoet of vir ‘n aandjie uit saam met jou beter helfte – VALHALLA sal verseker dat jy die smaakvolle middelpunt van enige gesprek word.