BITTEREINDER MOERKOFFIE

R359.00

(45 customer reviews)
Teen September 1900 was die konvensionele magte van die Boererepublieke grootliks verslaan, en het die Anglo-Boereoorlog sy guerrilla-fase betree, met ongeveer 20,000 burgers wat op kommando gebly het en die Oorlog voortgesit het “tot die bitter einde”.

Koffie (ook in die volksmond bekend as swawwelyf of boeretroos), was vir baie ‘n noodsaaklike item, en meld Genl. Ben Viljoen in sy memoirs oor die Oorlog, dat “…almal weet dat dit ‘n swaar beproewing is vir ‘n Boer om sonder koffie te leef…”, hy gaan ook voort om te verduidelik dat nadat koffie van hul spyskaarte af verdwyn het, hulle ‘mielie koffie’ begin maak het deur mieliepitte op die kole te braai, fyn te maal en met melk te drink!

“Boeretroos” Die woord ‘koffie’ is afkomstig van die Arabiese woord ‘qahwah’, wat deur die Turke geleen is as ‘kahve’, en later in Nederlands as ‘koffie’ tot stand gekom het. In die Afrikaanse taal word boeretroos & sawwelyf as sinonieme vir die woord koffie gebruik. “Moerkoffie” Die ‘moer’ in moerkoffie is afkomstig van die Nederlandse gebruik waar ‘moer’ verwys na ‘n laag sediment, wat beskywend is van hoe die koffie moer lyk na dit gebruik is.

Die Fynere Details:

  • Moderne snit t-hemp (indien jy onseker is, bestel dalk ‘n bietjie groter hemp)
  • Gemaak van polikatoen materiaal, verskaf dit ‘n liggewig, gemaklike t-hemp wat perfek is om die hele dag te dra, maar ook meer duursaam, met die ekstra voordeel dat dit minder kreukel – so dit kan baie meer gedra en gewas word sonder enige tekens van verniel of krimping.
  • Water gebaseerde verf word gebruik om die kunswerk op die bors ‘n vintage & sagte gevoel te gee.
  • Beskikbaar in groottes: SMALL – 4XL.
  • Trots vervaardig in Kaapstad, Suid-Afrika.

Steeds onseker? Klik HIER vir meer inligting

You may also like…

Die Details

Die Snit

'n Klassieke, pasgemaakte snit wat in styl jou erfenis op jou bors sal laat pryk. Geen ekstra fieterjasies nie, net 'n gemaklike vorm wat reg sit in al die regte plekke.

Gemaak in die Moederstad

Elke hemp is plaaslik gestik, gekleur & gedruk in Kaapstad, Republiek van Suid-Afrika.

Uitnemende Kwaliteit

Gestik uit liggewig en duursame materiaal, met die ontwerp gedruk deur gebruik te maak van water gebasseerde verf, is elke hemp super sag vir heeldag se dra.

Gereed vir enige Avontuur

Of jy nou die braai beman, langs die veld staan vir ‘n wedstryd, die Dominee gaan ontmoet of vir ‘n aandjie uit saam met jou beter helfte – VALHALLA sal verseker dat jy die smaakvolle middelpunt van enige gesprek word.