[av_three_fifth first min_height=” vertical_alignment=” space=” custom_margin=” margin=’0px’ link=” linktarget=” link_hover=” padding=’0px’ border=” border_color=” radius=’0px’ background=’bg_color’ background_color=” background_gradient_color1=” background_gradient_color2=” background_gradient_direction=’vertical’ src=” background_position=’top left’ background_repeat=’no-repeat’ animation=” mobile_breaking=” mobile_display=” av_uid=’av-5i9lcm4′]

[av_image src=’https://valhallatees.co.za/wp-content/uploads/2017/10/paul-insta-300×300.jpg’ attachment=’11316′ attachment_size=’medium’ align=’center’ styling=” hover=” link=” target=” caption=” font_size=” appearance=” overlay_opacity=’0.4′ overlay_color=’#000000′ overlay_text_color=’#ffffff’ copyright=” animation=’fade-in’ av_uid=’av-jvvajhel’ admin_preview_bg=”][/av_image]

[av_textblock size=” font_color=” color=” av-medium-font-size=” av-small-font-size=” av-mini-font-size=” av_uid=’av-jvv37ieg’ admin_preview_bg=”]

PAUL KRUGER: “VAN VELDKORNET TOT PRESIDENT”

Baie is oor Oom Paul geskryf, maar val die fokus gereeld op sy termyne as President tussen 1883 en 1904, waar hierdie artikel meer fokus op die omstandighede wat gelei het tot die vorming van hom as leier – veral sy posisies as militêre leier en hoe hy manskappe kon lei.

Paul Kruger se voorsaat aan sy vader se kant, Jacob Kruger, het in 1713 vanuit Berlyn in die Kaap aangekom as soldaat in die diens van die V.O.C.

Sy moeder se familie (Steyn), was inwoners van die Kaap sedert 1668, en was sy agter-agter-oom, Hermanus Steyn, die eerste en enigste president van die Republiek van Swellendam, wat in 1795 teen die V.O.C gerebelleer het.

As 11 jarige seun sluit sy familie aan by die Groot Trek, en word hulle deel van die trek van Hendrik Potgieter toe laasgenoemde deur Caledon beweeg in 1836. Sy vuurdoop tot oorlog was tydens sy deelname aan die Slag van Vegkop op 16 Oktober 1836, toe Mzilikazi met 5000 Matabeles Potgieter se ossewa-laer onsuksesvol aangeval het (die Trekgeselskap het slegs omtrent 40 mans van vegtende ouderdom gehad!).

Na Piet Retief se dood en die opeenvolgende slagtings van ander trekgeselskappe, insluitend dié van die Kruger-familie, trek hulle terug na die Hoëveld en vestig hulself aan die voet van die Magaliesberg (naby Rustenburg).

Op 17 jarige ouderdom in 1842 word hy verkies tot Veldkornet, met bevordering tot Lieutenant in 1852, Kommandant in 1853, Assistent Kommandant-Generaal in 1857 en Kommandant-Generaal (die hoogste militêre pos in die ZAR) in 1863.

As ‘n protégé van Andries Pretorius, vergesel hy laasgenoemde na die ondertekening van die Sandrivier Konvensie in 1852, wat tot die stigting van die Zuid-Afrikaansche Republiek lei.

Interessant dat Oom Paul betrokke was by die onstaan van die ZAR, en ook die leier daarvan was toe dit na 50 jaar in 1902 tot ‘n einde kom.

Andries Pretorius het op sy sterfbed gestuur vir Paul Kruger, maar kon Kruger nie voor sy sterfte hom bereik nie. Op daardie stadium was Pretorius die Kommandant-generaal, maar het geen opvolger aangewys nie, en het sy seun, M.W., die pos gevul. Mens kan wonder hoe sou die geskiedenis dalk anders verloop het indien Kruger betyds by die ouer Pretorius uitgekom het – sou hy hom as Kommandant-Generaal aanwys?

Kruger was een van dié wat skepties was oor M.W Pretorius was beide die Presidentskap van die OVS asook die ZAR beklee het – die vrees was dat Brittanje beide die Sandrivier -en Oranjerivier Konvensies nietig sou verklaar as dié twee republieke sou saamsmelt, wat die weg sou baan vir Brittanje om diw republieke te annekseer.

Met Pretorius se uittrede as president van die ZAR in 1860, het twee faksies ontwikkel, met Stephanus Schoeman wat nie die waarnemende-president (JH Grobler) wou aanvaar nie, hom verdring het, en homself tot President verklaar het.

Die Volksraad was besig om ‘n verkiesing te reël voor dié oorname, en het Paul Kruger aangemoedig om homself verkiesbaar te stel as President (iets wat hy met respek afgewys het, maar 23 jaar later in 1883 wel president geword het)
Burgeroorlog het gevolg, met Oom Paul as militêre leier teen Schoeman (bekend as “Die Stormvoël van die Noorde”), tot en met laasgenoemde se nederlaag by die Krokodilrivier in 1864.
Pretorius is herverkies tot ZAR-president, met Kruger wat in die pos van Kommandant-Generaal gebly het.

Met Pretorius se uittrede in 1871, is Ds. Thomans Francois Burgers verkies tot president – ‘n man wat deur baie as té liberaal & onprakties was vir sy tyd. ‘n Goeie speker was hy, maar sy uitlatings oor die geloof het party mense warm onder die kraag gehad (hy het bv. nie geglo dat die duiwel bestaan nie, en het aangedring dat Bybelstudie in skole slegs buite skoolure geskied).

Burgers se ideologieë het daartoe gelei dat Paul Kruger in 1873 aansoek gedoen het tot eervolle ontslag uit sy pos as Militêre Hoof – en verdwyn uit die publieke oog vir 4 jaar.

In 1877 was Burgers se populariteit op ‘n laagtepunt met die ZAR wat so te sê bankrot was, en is Kruger weer geroep tot kandidaat vir die presidentskap – weereens het hy dit van die hand gewys en het homself dié keer by Burgers geskaar – siende dat laasgenoemde aan Kruger belowe het om alles in sy krag te doen om die Republiek te beskerm.

Dit sou nie geskied nie, en is die ZAR later in 1877 deur Brittanje geannekseer. Die opvolgende Eerste Anglo-Boereoorlog in 1881 met die vorming van die Triumvirate daarna (waarvan Paul Kruger deel was) was die begin van Paul Kruger as staatshoof, en dien hy as president tot en met sy dood in 1904.

Baie boeke is, en kan nog geskryf word oor die lewe van Oom Paul – hy was ‘n man van sy tyd, internasionaal gerespekteer, met baie uitstekende kenmerke, maar het ook sy foute gehad.
Een ding is wel verseker wat tevore kom uit alle bronne – hy was ‘n gebore leier, diep gelowig met ‘n vurige liefde vir sy Vaderland.

Mens kan ook nie help as om te wonder – hoe sou die geskiedenis van Suid-Afrika anders verloop het indien hy wel in 1860 president geword het?
[/av_textblock]

[av_hr class=’invisible’ height=’50’ shadow=’no-shadow’ position=’center’ custom_border=’av-border-thin’ custom_width=’50px’ custom_border_color=” custom_margin_top=’30px’ custom_margin_bottom=’30px’ icon_select=’yes’ custom_icon_color=” icon=’ue808′ font=’entypo-fontello’ av_uid=’av-jvvbdxzl’ admin_preview_bg=”]

[av_social_share title=’DEEL HIERDIE ARTIKEL’ style=” buttons=’custom’ share_facebook=’aviaTBshare_facebook’ av_uid=’av-jvvb77mi’ admin_preview_bg=”]

[av_hr class=’invisible’ height=’50’ shadow=’no-shadow’ position=’center’ custom_border=’av-border-thin’ custom_width=’50px’ custom_border_color=” custom_margin_top=’30px’ custom_margin_bottom=’30px’ icon_select=’yes’ custom_icon_color=” icon=’ue808′ font=’entypo-fontello’ av_uid=’av-jvvb4wre’ admin_preview_bg=”]

[av_textblock size=’16’ font_color=” color=” av-medium-font-size=” av-small-font-size=” av-mini-font-size=” av_uid=’av-jvwik7y6′ admin_preview_bg=”]


[/av_textblock]

[/av_three_fifth][av_two_fifth min_height=” vertical_alignment=” space=” custom_margin=” margin=’0px’ link=” linktarget=” link_hover=” padding=’0px’ border=” border_color=” radius=’0px’ background=’bg_color’ background_color=” background_gradient_color1=” background_gradient_color2=” background_gradient_direction=’vertical’ src=” background_position=’top left’ background_repeat=’no-repeat’ animation=” mobile_breaking=” mobile_display=” av_uid=’av-4pb3cd8′]
[av_timeline orientation=’vertical’ placement_v=’left’ placement_h=’top’ slides_num=’3′ content_appearence=’boxshadow’ custom_date_size=’14’ custom_title_size=’14’ custom_content_size=’12’ contentbox_bg_color=’custom’ custom_contentbox_bg_color=” font_color=’custom’ custom_date=’#b30d08′ custom_title=” custom_content=’#0b2538′ icon_color=’custom’ icon_custom_bg=’#c99e69′ icon_custom_font=” icon_custom_border=” av-medium-font-size-title=” av-small-font-size-title=” av-mini-font-size-title=” av-medium-font-size=” av-small-font-size=” av-mini-font-size=” av_uid=’av-jvv4ogsi’ admin_preview_bg=”]
[av_timeline_item date=’1836′ title=’EERSTE VELDSLAG’ link=” linktarget=” linkelement=’all’ milestone_valign=’baseline’ milestone_color=” custom_milestone_color=” icon_image=’icon’ icon=’ue8b4′ font=’entypo-fontello’ image=’https://valhallatees.co.za/wp-content/themes/enfold/config-templatebuilder/avia-template-builder/images/placeholder.jpg’ attachment=” attachment_size=” av_uid=’av-4cn9vmk’]
Die Slag van Vegkop gedurende die Groot Trek
[/av_timeline_item]
[av_timeline_item date=’1842′ title=’VELDKORNET’ link=” linktarget=” linkelement=’all’ milestone_valign=’baseline’ milestone_color=” custom_milestone_color=” icon_image=’icon’ icon=’ue8bd’ font=’entypo-fontello’ image=’https://valhallatees.co.za/wp-content/themes/enfold/config-templatebuilder/avia-template-builder/images/placeholder.jpg’ attachment=” attachment_size=” av_uid=’av-3wvtmyk’]
Op 17 jarige ouderdom verkry hy die rang van Veldkornet
[/av_timeline_item]
[av_timeline_item date=’1852′ title=’LIEUTENANT’ link=” linktarget=” linkelement=’all’ milestone_valign=’baseline’ milestone_color=” custom_milestone_color=” icon_image=’icon’ icon=’ue8be’ font=’entypo-fontello’ image=’https://valhallatees.co.za/wp-content/themes/enfold/config-templatebuilder/avia-template-builder/images/placeholder.jpg’ attachment=” attachment_size=” av_uid=’av-39k3vcs’]
Bevorder to Lieutenant op 27
[/av_timeline_item]
[av_timeline_item date=’1853′ title=’KOMMANDANT’ link=” linktarget=” linkelement=’all’ milestone_valign=’baseline’ milestone_color=” custom_milestone_color=” icon_image=’icon’ icon=’ue8bf’ font=’entypo-fontello’ image=’https://valhallatees.co.za/wp-content/themes/enfold/config-templatebuilder/avia-template-builder/images/placeholder.jpg’ attachment=” attachment_size=” av_uid=’av-3374k3g’]
Bevorder tot Kommandant op 28
[/av_timeline_item]
[av_timeline_item date=’1857′ title=’ASSISTENT KOMMANDANT-GENERAAL’ link=” linktarget=” linkelement=’all’ milestone_valign=’baseline’ milestone_color=” custom_milestone_color=” icon_image=’icon’ icon=’ue811′ font=’entypo-fontello’ image=’https://valhallatees.co.za/wp-content/themes/enfold/config-templatebuilder/avia-template-builder/images/placeholder.jpg’ attachment=” attachment_size=” av_uid=’av-2ivvyws’]
Bevorder tot die tweede hoogste pos in die Z.A.R Weermag op 32
[/av_timeline_item]
[av_timeline_item date=’1863′ title=’KOMMANDANT-GENERAAL’ link=” linktarget=” linkelement=’all’ milestone_valign=’baseline’ milestone_color=” custom_milestone_color=” icon_image=’icon’ icon=’ue808′ font=’entypo-fontello’ image=’https://valhallatees.co.za/wp-content/themes/enfold/config-templatebuilder/avia-template-builder/images/placeholder.jpg’ attachment=” attachment_size=” av_uid=’av-293nxfg’]
Word die Hoof van die Z.A.R Weermag op 38
[/av_timeline_item]
[av_timeline_item date=’1873′ title=’TREE UIT’ link=” linktarget=” linkelement=’all’ milestone_valign=’baseline’ milestone_color=” custom_milestone_color=” icon_image=’icon’ icon=’ue835′ font=’entypo-fontello’ image=’https://valhallatees.co.za/wp-content/themes/enfold/config-templatebuilder/avia-template-builder/images/placeholder.jpg’ attachment=” attachment_size=” av_uid=’av-1sgjfdo’]
Eervolle ontslag uit die Weermag weens die sienings van destydse Pres. Burgers
[/av_timeline_item]
[av_timeline_item date=’1881′ title=’TRIUMVIRATE’ link=” linktarget=” linkelement=’all’ milestone_valign=’baseline’ milestone_color=” custom_milestone_color=” icon_image=’icon’ icon=’ue80b’ font=’entypo-fontello’ image=’https://valhallatees.co.za/wp-content/themes/enfold/config-templatebuilder/avia-template-builder/images/placeholder.jpg’ attachment=” attachment_size=” av_uid=’av-3xahto’]
Word deel van die ‘Driemanskap’ wat na die Eerste Vryheidsoorlog die Z.A.R moet regeer
[/av_timeline_item]
[av_timeline_item date=’1883′ title=’PRESIDENT’ link=” linktarget=” linkelement=’all’ milestone_valign=’baseline’ milestone_color=” custom_milestone_color=” icon_image=’icon’ icon=’ue801′ font=’fontello’ image=’https://valhallatees.co.za/wp-content/themes/enfold/config-templatebuilder/avia-template-builder/images/placeholder.jpg’ attachment=” attachment_size=” av_uid=’av-kn3g3g’]
Word op 58 verkies tot president, en beklee die pos tot en met sy dood
[/av_timeline_item]
[/av_timeline]
[/av_two_fifth]

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.