“DIE DAG TOE OORLOG MOES STOP VIR RUGBY”

Tydens die doodsnikke van die Tweede Anglo-Boereoorlog, op 29 April 1902, is ‘n skietstilstand tussen die Boer -en Britse magte word gereël by O’Kiep sodat ‘n rugby-wedstryd tussen dié twee kan plaasvind.

Alhoewel sommige bronne melding maak dat die wedstryd nooit plaasgevind het nie, het ek afgekom op ‘n toespraak wat die voormalige Hoof van die SADF, Generaal Jannie Geldenhuys gelewer het op 16 Augustus 2009, wat noem dat die wedstryd wel plaasgevind het.

Hy noem dat hy besoek afgelê het aan Manie Maritz, seun van die voormalige Boere-generaal Manie Maritz, wie formeel met sy Britse-eweknie ‘n tyd & plek onderhandel het vir ‘n rugbywedstryd by O’Kiep, en dat ‘n skietstilstand sal plaasvind tussen 12:00nm en sonsondergang vir die wedstryd om gespeel te word.

In teenstelling tot die algemene opvatting dat die wedstryd slegs beplan was maar nooit ‘n werklikheid geword het nie, noem Mr. Maritz dat sy pa bevestig het dat die wedstryd wel plaasgevind het – maar word ongelukkig geen meldinging gemaak van die finale telling nie, slegs dat almal hulself baie geniet het tydens die spel!

Dit was slegs ‘n maand voor die einde van die Anglo-Boereoorlog, op ‘n bitter afgeleë area in wat vandag die Noord-Kaap is, en kan mens indink dat hierdie manne, aan albei kante van die stryd, moeg was vir die gruwels wat gepaard gaan met oorlog, en sou so ‘n rugby-wedstryd waarlik die moraal lig van almal wat betrokke was.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.