Description
VALHALLA SE MISSIE
VALHALLA is gestig in 2011 met die fokus om Suid-Afrikaanse geskiedenis & kultuur op ‘n verfrissende & moderne manier uit te beeld, deur gebruik te maak van hoë kwaliteit t-hemde met tong-in-die-kies ontwerpe wat beskrywend is binne die konteks van die geskiedenis, maar buite die gebondenheid daarvan.
Ons vier ons herkoms & erfenis deur dit op interessante maniere voor te stel, en sodoende erkenning te gee aan lankvergete volkshelde, met die oog daarop om mense se nuuskierigheid ten opsigte van hul geskiedenis te prikkel, sonder om polities voorskriftelik te wees.
Elke Valhalla hemp is die produk van 100e jare se geskiedenis, versmelt met slegs die hoogste kwaliteit Suid-Afrikaanse vakmanskap, om te verseker dat elke item ‘n persoonlike gunsteling word, en dit die draer sal aanspoor om legendaries te lewe.
WAAROM DIE NAAM VALHALLA?
In antieke Noorse Mitologie was Valhalla die enorme saal waarheen die dapperste van die gesneuwelde helde geneem is deur die Valkyries. Daar spandeer hulle die dae deur hul vegkuns te beoefen, en elke aand word daar fees gevier.
Die naam ‘VALHALLA’ is nie juis een wat mens dadelik aan die Suid-Afrikaanse geskiedenis laat dink nie, maar is hierdie naam juis geskies om hulde te bring aan die herkoms van die stigter van hierdie handelsmerk, wie se voorouers vanuit Skandinawië afkomstig is.
Dus ‘n unieke naam vir ‘n unieke besigheid!
• L E E F L E G E N D A R I E S •
Heleen (verified owner) –
Baie goeie kwaliteit
Donna Bence (verified owner) –