POTCH 1838

R329.00

(3 customer reviews)

“POTCH”

Potchefstroom is gestig op 22 Desember 1838 deur die Voortrekkers, en is die tweede oudste Europese nedersetting in die ou Transvaal. Die naam is afkomstig van “Pot” (vir Adries Hendrik Potgieter), “Chef” (die leier, Potgieter), en “Stroom” (die Mooirivier). Tussen 1848 en 1860 was Potchefstroom die hoofstad van die destydse Zuid-Afrikaansche Republiek (Z.A.R) en is die eerste skote van die Eerste Anglo-Boereoorlog daar afgevuur. Die Potchefstroomse Universiteitskollege (PUK) het ontwikkel uit die Teologiese Skool in Burgersdorp wat in 1869 gestig is, maar in 1905 na Potchefstroom verskuif is. Tydens die opening van die stadsaal in 1909 het Genl. Jan Smuts gesê dat Potch daarna moet streef om Suid-Afrika se grootste akademiese sentrum te wees, en vandaar die dorp se huidige leuse: “Stad van Deskundigheid”.
 
Die Fynere Details:
  • Moderne snit t-hemp (indien jy onseker is, bestel dalk ‘n bietjie groter hemp)
  • Gemaak van polikatoen materiaal, verskaf dit ‘n liggewig, gemaklike t-hemp wat perfek is om die hele dag te dra, maar ook meer duursaam, met die ekstra voordeel dat dit minder kreukel – so dit kan baie meer gedra en gewas word sonder enige tekens van verniel of krimping.
  • Water gebaseerde verf word gebruik om die kunswerk op die bors ‘n vintage & sagte gevoel te gee.
  • Beskikbaar in groottes: SMALL – 4XL.
  • Trots vervaardig in Kaapstad, Suid-Afrika.

Steeds onseker? Klik HIER vir meer inligting

ONLANGSE RESENSIES

Additional information

Size

, , , , , ,

T-shirt Info

Maroon heather polycotton t-shirt
Discharge printed design for soft, vintage feel.
Custom woven hem tag & printed neck tag.

Jonkheer Size Chart

Chest Circumference (cm)

SMALL (86-93), MEDIUM (94-101), LARGE (102-109), XL (110-117), 2XL (112-119), 3XL (120-128), 4XL (129-136)

COLOUR

MAROON, GREY MELANGE

3 reviews for POTCH 1838

  1. Gerhard Jacobs (verified owner)

  2. Warren Green (verified owner)

  3. Christof Fourie (verified owner)

Only logged in customers who have purchased this product may leave a review.

Die Details

Die Snit

'n Klassieke, pasgemaakte snit wat in styl jou erfenis op jou bors sal laat pryk. Geen ekstra fieterjasies nie, net 'n gemaklike vorm wat reg sit in al die regte plekke.

Gemaak in die Moederstad

Elke hemp is plaaslik gestik, gekleur & gedruk in Kaapstad, Republiek van Suid-Afrika.

Uitnemende Kwaliteit

Gestik uit liggewig en duursame materiaal, met die ontwerp gedruk deur gebruik te maak van water gebasseerde verf, is elke hemp super sag vir heeldag se dra.

Gereed vir enige Avontuur

Of jy nou die braai beman, langs die veld staan vir ‘n wedstryd, die Dominee gaan ontmoet of vir ‘n aandjie uit saam met jou beter helfte – VALHALLA sal verseker dat jy die smaakvolle middelpunt van enige gesprek word.