PAUL ROOS RUGBYINSTITUUT

R359.00

(30 customer reviews)

“PAUL ROOS”

Paul Johannes “Polla” Roos (30 Oktober 1880 – 22 September 1948), was ‘n onderwyser & rugbyspeler wat die kaptein was van die 1906-1907 Suid-Afrikaanse Rugbyspan wat na die Verenigde Koninkryk getoer het. Roos was die een wat aan Britse joernaliste gesê het om hul span “De Springbokken” te noem, om te verhoed dat die pers hul eie bynaam vir die span uitdink.

As toegewyde Christen het Roos as uitstekende ambassadeur gedien vir die sport tydens die wedstryde, maar ook af van die veld af. Met die wonde van die Anglo-Boere Oorlog nog vars in die geheue van meeste van sy spanmaats, het hy gepoog om deur rugby versoening te bring. Na afloop van ‘n wedstryd teen Engeland wat 3-3 gelykop geëindig het, het hy gesê: “…hierdie toer sal by vêrre meer doen om die onstuimige waters van Suid-Afrika te kalmeer as jare se wetgewing”.

In 1910 word hy rektor van die Stellenbosch Seuns Hoër, ‘n posisie wat hy vir 30 jaar beklee. In 1941 word die skool se naam verander na “Paul Roos Gimnasium”, ter ere van die eerste Springbok rugbykaptein.

Die Fynere Details:

  • Moderne snit t-hemp (indien jy onseker is, bestel dalk ‘n bietjie groter hemp)
  • Gemaak van polikatoen materiaal, verskaf dit ‘n liggewig, gemaklike t-hemp wat perfek is om die hele dag te dra, maar ook meer duursaam, met die ekstra voordeel dat dit minder kreukel – so dit kan baie meer gedra en gewas word sonder enige tekens van verniel of krimping.
  • Water gebaseerde verf word gebruik om die kunswerk op die bors ‘n vintage & sagte gevoel te gee.
  • Beskikbaar in groottes: SMALL – 4XL.
  • Trots vervaardig in Kaapstad, Suid-Afrika.

Steeds onseker? Klik HIER vir meer inligting

You may also like…

Die Details

Die Snit

'n Klassieke, pasgemaakte snit wat in styl jou erfenis op jou bors sal laat pryk. Geen ekstra fieterjasies nie, net 'n gemaklike vorm wat reg sit in al die regte plekke.

Gemaak in die Moederstad

Elke hemp is plaaslik gestik, gekleur & gedruk in Kaapstad, Republiek van Suid-Afrika.

Uitnemende Kwaliteit

Gestik uit liggewig en duursame materiaal, met die ontwerp gedruk deur gebruik te maak van water gebasseerde verf, is elke hemp super sag vir heeldag se dra.

Gereed vir enige Avontuur

Of jy nou die braai beman, langs die veld staan vir ‘n wedstryd, die Dominee gaan ontmoet of vir ‘n aandjie uit saam met jou beter helfte – VALHALLA sal verseker dat jy die smaakvolle middelpunt van enige gesprek word.