DIE LAASTE BOODSKAP

R359.00

(31 customer reviews)

“DIE LAASTE BOODSKAP”

Pres. Paul Kruger is in Oktober 1900 op 75 jarige ouderdom na  Europa gestuur deur sy generaals, met die doel om te verseker dat hy nie gevangene geneem kan word deur Brittanje, en sodoende die Boere Republieke dwing om die wapen neer te lê nie.

Op 29 Junie 1904, dikteer Pres. Kruger sy ‘Laaste Boodskap’ gerig aan Genl. Louis Botha, vanuit sy woning in Clarens, Switserland.

Die bevat die volgende tydlose gesegde:

“Want, wie vir hom ‘n toekoms wil skep, mag die verlede nie uit die oog verloor nie.

Daarom: Soek in die verlede al die goeie en skone wat daarin te ontdek is, vorm daarna u ideaal en poog om vir die toekoms daardie ideaal te verwesenlik.”

Die Fynere Details:

  • Moderne snit t-hemp (indien jy onseker is, bestel dalk ‘n bietjie groter hemp)
  • Gemaak van polikatoen materiaal, verskaf dit ‘n liggewig, gemaklike t-hemp wat perfek is om die hele dag te dra, maar ook meer duursaam, met die ekstra voordeel dat dit minder kreukel – so dit kan baie meer gedra en gewas word sonder enige tekens van verniel of krimping.
  • Water gebaseerde verf word gebruik om die kunswerk op die bors ‘n vintage & sagte gevoel te gee.
  • Beskikbaar in groottes: SMALL – 4XL.
  • Trots vervaardig in Kaapstad, Suid-Afrika.

Steeds onseker? Klik HIER vir meer inligting

Die Details

Die Snit

'n Klassieke, pasgemaakte snit wat in styl jou erfenis op jou bors sal laat pryk. Geen ekstra fieterjasies nie, net 'n gemaklike vorm wat reg sit in al die regte plekke.

Gemaak in die Moederstad

Elke hemp is plaaslik gestik, gekleur & gedruk in Kaapstad, Republiek van Suid-Afrika.

Uitnemende Kwaliteit

Gestik uit liggewig en duursame materiaal, met die ontwerp gedruk deur gebruik te maak van water gebasseerde verf, is elke hemp super sag vir heeldag se dra.

Gereed vir enige Avontuur

Of jy nou die braai beman, langs die veld staan vir ‘n wedstryd, die Dominee gaan ontmoet of vir ‘n aandjie uit saam met jou beter helfte – VALHALLA sal verseker dat jy die smaakvolle middelpunt van enige gesprek word.