OUBOET SE WERKSWINKEL

R359.00

(16 customer reviews)

“OUBOET SE WERKSWINKEL”

In 1989 is Suid-Afrika bekend gestel aan ‘n klomp kleurvolle karakters wat woon in die dorpie van Orkney, die Van Tonders, en hulle mannewales. Een van die karakters , Neels (“Ouboet”), die oudste van die Van Tonder kinders, was ‘n motorwerktuigkundige van beroep. Met sy groot drome, komieklike mannerismes & sê-goed soos “Howzit Pa!” en “Ook ma’ lêkke stupid” was dit altyd ‘n fees om hom op die kassie te sien – en wie kan ooit sy “Poeksie Woeksie se Worsie Wapsie is nog baie lief vir hom!” rympie vergeet! Die Van Tonders het Suid-Afrika vermaak net net vir die tyd wat “Orkney Snork Nie” tussen 1989 en 1992 op televisie was nie, maar word die jonger geslagte ook aan hierdie stukkie volksbesit voorgestel, en lag oud en jonk saam vir hierdie baie unieke reeks. Met hierdie ontwerp gee ons erkenning aan Ouboet, wat, alhoewel hy ‘n fiksionele karakter is, laat dit mens net weer besef hoe ryk & veelsydig Afrikaanse kultuur werklik is.

Die Fynere Details:

  • Moderne snit t-hemp (indien jy onseker is, bestel dalk ‘n bietjie groter hemp)
  • Gemaak van polikatoen materiaal, verskaf dit ‘n liggewig, gemaklike t-hemp wat perfek is om die hele dag te dra, maar ook meer duursaam, met die ekstra voordeel dat dit minder kreukel – so dit kan baie meer gedra en gewas word sonder enige tekens van verniel of krimping.
  • Water gebaseerde verf word gebruik om die kunswerk op die bors ‘n vintage & sagte gevoel te gee.
  • Beskikbaar in groottes: SMALL – 4XL.
  • Trots vervaardig in Kaapstad, Suid-Afrika.

Steeds onseker? Klik HIER vir meer inligting

Die Details

Die Snit

'n Klassieke, pasgemaakte snit wat in styl jou erfenis op jou bors sal laat pryk. Geen ekstra fieterjasies nie, net 'n gemaklike vorm wat reg sit in al die regte plekke.

Gemaak in die Moederstad

Elke hemp is plaaslik gestik, gekleur & gedruk in Kaapstad, Republiek van Suid-Afrika.

Uitnemende Kwaliteit

Gestik uit liggewig en duursame materiaal, met die ontwerp gedruk deur gebruik te maak van water gebasseerde verf, is elke hemp super sag vir heeldag se dra.

Gereed vir enige Avontuur

Of jy nou die braai beman, langs die veld staan vir ‘n wedstryd, die Dominee gaan ontmoet of vir ‘n aandjie uit saam met jou beter helfte – VALHALLA sal verseker dat jy die smaakvolle middelpunt van enige gesprek word.