Langenhoven Skool vir Letterkunde (Dames)

R359.00

(13 customer reviews)

“C.J. LANGENHOVEN”

Cornelis Jacobus Langenhoven, ook bekend as ‘Sagmoedige Neelsie’, was ‘n digter, prokureur, stigterslid van die dagblad ‘Die Burger’ & senator wat steeds gesien word as een van die reuse van die Afrikaanse skryfkuns.

Sy bydrae tot die erkenning van Afrikaans as taal was deurslaggewend, en slaag hy ook daarin om Afrikaans i.p.v Hollands as tweede taal by Kaapse skole aanvaar te kry.

Langenhoven se werke span oor verskeie genres, van teer gedigte tot spookstories, en word sy skryfstyl geken aan sy meesterlike gebruik van humor & spitsvondigheid (hy het tot ‘n gedig vir sy hond geskryf!).

Hy verhuis in 1912 na Oudtshoorn, en noem sy huis ‘Arbeidsgenot’ – en is sy naam sedertdien aan dié dorp gekoppel. Hy het ‘n denkbeeldige olifant “Herrie” gehad, wie se naam hy op ‘n klip naby Meiringspoort uitgekap het, wat tans as ‘Herrie se Klip’ bekend staan.

Hy ontvang ‘n eredoktorsgraad van die Universiteit van Stellenbosch in 1931, en meld die spreker tydens die leentheid: ”… want senator Langenhoven skryf nie, maar hy praat, ook waar hy die pen hanteer. Sodat met waarheid van hom gesê kan word dat hy sy volk leer lees het.”

Die Fynere Details:

  • Moderne snit t-hemp (indien jy onseker is, bestel dalk ‘n bietjie groter hemp)
  • Gemaak van polikatoen materiaal, verskaf dit ‘n liggewig, gemaklike t-hemp wat perfek is om die hele dag te dra, maar ook meer duursaam, met die ekstra voordeel dat dit minder kreukel – so dit kan baie meer gedra en gewas word sonder enige tekens van verniel of krimping.
  • Water gebaseerde verf word gebruik om die kunswerk op die bors ‘n vintage & sagte gevoel te gee.
  • Beskikbaar in groottes: SMALL – 4XL.
  • Trots vervaardig in Kaapstad, Suid-Afrika.

Steeds onseker? Klik HIER vir meer inligting

Die Details

Die Snit

'n Klassieke, pasgemaakte snit wat in styl jou erfenis op jou bors sal laat pryk. Geen ekstra fieterjasies nie, net 'n gemaklike vorm wat reg sit in al die regte plekke.

Gemaak in die Moederstad

Elke hemp is plaaslik gestik, gekleur & gedruk in Kaapstad, Republiek van Suid-Afrika.

Uitnemende Kwaliteit

Gestik uit liggewig en duursame materiaal, met die ontwerp gedruk deur gebruik te maak van water gebasseerde verf, is elke hemp super sag vir heeldag se dra.

Gereed vir enige Avontuur

Of jy nou die braai beman, langs die veld staan vir ‘n wedstryd, die Dominee gaan ontmoet of vir ‘n aandjie uit saam met jou beter helfte – VALHALLA sal verseker dat jy die smaakvolle middelpunt van enige gesprek word.