“C.J. LANGENHOVEN”
Cornelis Jacobus Langenhoven, ook bekend as ‘Sagmoedige Neelsie’, was ‘n digter, prokureur, stigterslid van die dagblad ‘Die Burger’ & senator wat steeds gesien word as een van die reuse van die Afrikaanse skryfkuns.
Sy bydrae tot die erkenning van Afrikaans as taal was deurslaggewend, en slaag hy ook daarin om Afrikaans i.p.v Hollands as tweede taal by Kaapse skole aanvaar te kry.
Langenhoven se werke span oor verskeie genres, van teer gedigte tot spookstories, en word sy skryfstyl geken aan sy meesterlike gebruik van humor & spitsvondigheid (hy het tot ‘n gedig vir sy hond geskryf!).
Hy verhuis in 1912 na Oudtshoorn, en noem sy huis ‘Arbeidsgenot’ – en is sy naam sedertdien aan dié dorp gekoppel. Hy het ‘n denkbeeldige olifant “Herrie” gehad, wie se naam hy op ‘n klip naby Meiringspoort uitgekap het, wat tans as ‘Herrie se Klip’ bekend staan.
Hy ontvang ‘n eredoktorsgraad van die Universiteit van Stellenbosch in 1931, en meld die spreker tydens die leentheid: ”… want senator Langenhoven skryf nie, maar hy praat, ook waar hy die pen hanteer. Sodat met waarheid van hom gesê kan word dat hy sy volk leer lees het.”
Charlene (verified owner) –
Amanda Riekert (verified owner) –