“DIE KAAP IS WEER HOLLANDS!”
In 1795, met behulp van die Franse Revolusionêre Magte, is Willem van Oranje-Nassau V verwyder as heerser van die Verenigde Nederlande, en het dit in der ware ‘n Franse protektoraat geword, en is hernoem tot die Bataafse Republiek.
Die Bataafse Republiek se leuse (Vryheid, Gelykheid & Broederskap) asook die vlag se kleure (rooi, wit & blou) was gebasseer op die Franse leuse -en vlag (die huidige Nederlandse vlag bestaan steeds uit daardie 3 kleure).
“Vryheid. Gelykheid. Broederschap / Liberté. Egalité. Fraternité“
Met die verwydering van Willem van Oranje-Nassau as heerser van die Verenigde Nederlande in 1795 deur die ‘Patriotte’ (met behulp van die Franse Revolusionêre Magte), word Nederland deel van die Franse Ryk. Dié protektoraat word herdoop tot die Bataafse Republiek, en is die naam gebasseer op die antieke Germaanse stam (Batavi) wat die area bewoon het en wat die voorsate van die moderne Nederlandse mense was.
Die Republiek het sy leuse aangepas om soortgelyk te wees aan dié van hul opperheer, wie se “
Liberté. Egalité. Fraternité ou la Mort” (Vryheid, gelykheid, broederskap – of die dood) oorspronklik tydens die Franse Rewolusie gebruik is, en tot vandag toe nog die leuse van Frankryk is.
[/av_image_spot]
[av_image_spot tooltip_pos=’av-tt-pos-right av-tt-align-centered’ tooltip_width=’av-tt-xlarge-width’ tooltip_style=’main_color’ link=” link_target=” hotspot_color=” custom_bg=” custom_font=” custom_pulse=” hotspot_pos=’55,74.3′ av_uid=’av-1af7zns’]
“Protea (Suikerbos)”
Alhoewel die protea die nasional blom van Suid-Afrika is, kom meer as 90% van spesies slegs in die Kaapse Floraryk voor, en word algemeen met die Kaap geassosieer.
Dié blom is sy naam gegee in 1735 deur Carl Linnaeus, die vader van taksonomie, wat dit na die Griekse god
Proteus (wat enige vorm kon aanneem) vernoem het, siende dat daar meer as 300 spesies proteas bestaan.
Interessant is dat proteas in die plaaslike tradisie hoop & verandering uitbeeld – sinoniem met die Kaap van Goeie Hoop.
[/av_image_spot]
[av_image_spot tooltip_pos=’av-tt-pos-left av-tt-align-centered’ tooltip_width=’av-tt-xlarge-width’ tooltip_style=’main_color’ link=” link_target=” hotspot_color=” custom_bg=” custom_font=” custom_pulse=” hotspot_pos=’74.3,47.5′ av_uid=’av-nh76yw’]
“MDCCCIII”
Na die ondertekening van die Verdrag van Amiens, wat ‘n einde aan die oorlog tussen Brittanje & Frankryk beteken het, is die Kaap aan Frankryk (en dus aan Nederland/Bataafse Republiek) amptelik terug oorhandig in op 21 Februarie 1803.
Volgense oorlewering was dit ‘n blye dag vir die Kaapse burgers, en was die strate gevul met krete van: “DIE KAAP IS WEER HOLLANDS!”, wat tot vandag toe as gesegde gebruik word vir wanneer dinge weer goed gaan.
Brittanje, wat in ‘n oorlog met Frankryk gewikkel was, wou sy heerskappy uitbrei met die oog om Frankryk teen te staan, en beset sodoende die Kaap Kolonie na die Slag van Muizenberg in 1795.
Na die ondertekening van die Verdrag van Amiens, wat ‘n einde aan die oorlog tussen Brittanje & Frankryk beteken het, is die Kaap aan Frankryk (en dus aan Nederland/Bataafse Republiek) amptelik terug oorhandig in op 21 Februarie 1803.
Volgense oorlewering was dit ‘n blye dag vir die Kaapse burgers, en was die strate gevul met krete van: “DIE KAAP IS WEER HOLLANDS!”, wat tot vandag toe as gesegde gebruik word vir wanneer dinge weer goed gaan.
Jaci G. (verified owner) –
Baie goeie weefstof wat nie uitrek of skeef trek met n paar wasse nie en druk patroon hou lank. Unieke ontwerpe is super trots Afrikaner!