“DIE KAAP IS WEER HOLLANDS!”
In 1795, met behulp van die Franse Revolusionêre Magte, is Willem van Oranje-Nassau V verwyder as heerser van die Verenigde Nederlande, en het dit in der ware ‘n Franse protektoraat geword, en is hernoem tot die Bataafse Republiek.
Die Bataafse Republiek se leuse (Vryheid, Gelykheid & Broederskap) asook die vlag se kleure (rooi, wit & blou) was gebasseer op die Franse leuse -en vlag (die huidige Nederlandse vlag bestaan steeds uit daardie 3 kleure).
Brittanje, wat in ‘n oorlog met Frankryk gewikkel was, wou sy heerskappy uitbrei met die oog om Frankryk teen te staan, en beset sodoende die Kaap Kolonie na die Slag van Muizenberg in 1795.
Na die ondertekening van die Verdrag van Amiens, wat ‘n einde aan die oorlog tussen Brittanje & Frankryk beteken het, is die Kaap aan Frankryk (en dus aan Nederland/Bataafse Republiek) amptelik terug oorhandig in op 21 Februarie 1803.
Volgense oorlewering was dit ‘n blye dag vir die Kaapse burgers, en was die strate gevul met krete van: “DIE KAAP IS WEER HOLLANDS!”, wat tot vandag toe as gesegde gebruik word vir wanneer dinge weer goed gaan.
Carlize G. (verified owner) –
Lynette Nagel (verified owner) –
Julia du Plessis (verified owner) –