DANIE THERON & BOETIES – Babatjie

R190.00

“DANIE THERON” Daniël J.S (“Danie”) Theron was Kommandant van die Wielrijders Rapportgangers Korps, militêre fietsry korps wat deur hom & J.P (Koos) Jooste (later Kommandant Jooste), ‘n fietsry kampioen, gestig is. Hierdie Korps (wat later tot die Theron se Verkenningskorps (TVK) sou ontwikkel), was hoofsaaklik verantwoordelik vir verkenningsmissies asook om boodskappe heen en weer tussen die kommando’s te herlei. Die Opperbevelvoerder van die Britse leër, Lord Roberts, het na Theron verwys as: “Die grootste doring in die vlees van die Britte” & het 4000 man afgesonder om die TVK te vind. Na verskeie hoogtepunte as kommandant, onder meer toe hy roem verwerf het deur by Paardeberg heen en weer deur die linies van die vyand met ‘n boodskap vir die beleërde gen. Piet Cronje te beweeg. Op 5 September 1900  verken Komm. Theron alleen die koppie naby die Gatsrand gebied en kom te staan teen 7 lede van die berede magte van Marshall’s Horse. Hy vuur ‘n magdom rondtes af met die hoop dat dit sal voorkom dat daar baie meer manskappe saam met hom is. Die artelleriste wat die berede brigade vergesel het, vuur toe hul kanonne op die koppie, en Danie Theron sneuwel nada thy deur skrapnel getref word. Hierdie hemp is ‘n huldeblyk aan Danie Theron, wat onthou word vir sy eerlikheid, betroubaarheid en deursettingsvermoë in onmoontlike situasies.

Die Fynere Details:

  • Ons babavestjies is gemaak van 100% katoen, met die melange-kleure wat ‘n 90/10 Polyester/Katoen mengsel is.
  • Ons T-hemde is gemaak van 160g gekamde katoen, met die melange-kleure wat ‘n 65/35 Polyester/Katoen mengsel is.
  • Trots vervaardig in Suid-Afrika.

ONLANGSE RESENSIES

Additional information

Size

, , , ,

Reviews

There are no reviews yet.

Only logged in customers who have purchased this product may leave a review.

Die Details

Die Snit

'n Klassieke, pasgemaakte snit wat in styl jou erfenis op jou bors sal laat pryk. Geen ekstra fieterjasies nie, net 'n gemaklike vorm wat reg sit in al die regte plekke.

Gemaak in die Moederstad

Elke hemp is plaaslik gestik, gekleur & gedruk in Kaapstad, Republiek van Suid-Afrika.

Uitnemende Kwaliteit

Gestik uit liggewig en duursame materiaal, met die ontwerp gedruk deur gebruik te maak van water gebasseerde verf, is elke hemp super sag vir heeldag se dra.

Gereed vir enige Avontuur

Of jy nou die braai beman, langs die veld staan vir ‘n wedstryd, die Dominee gaan ontmoet of vir ‘n aandjie uit saam met jou beter helfte – VALHALLA sal verseker dat jy die smaakvolle middelpunt van enige gesprek word.