SIMON VAN DER STEL WIJNMAKERS

R359.00

(13 customer reviews)

“SIMON VAN DER STEL”

Simon van der Stel was aan die stuur van die Kaap vanaf 1679, en sy plan met dié kolonie was duidelik – hy wou dit verander van ‘n agterlike halfwegstasie na ‘n florerende nedersetting wat nie net tot Tafelbaai beperk was nie. Interessant is dat hy in 1660, tydens sy reis vanaf Batavië na Nederland, besoek afgelê het aan die Kaap, toe ‘n jong nedersetting onder Jan van Riebeeck. Iets van hierdie nuwe land moes hom aangegryp het, want hy het later uit vrye wil teruggekeer. Simon was ‘n man van vele talente – hy bestudeer geskiedenis, aardrykskunde, geologie, land –en wynbou, en werk later as handelaar, boer, wynbouer en soldaat Hy stig in 1679 die dorpie Stellenbosch langs die Eersterivier, plant ‘n magdom eikebome in sy strate (vandaar die naam ‘Eikestad’), en is die Stellenbosch-vallei ook die hartjie van die Suid-Afrikaanse wynbedryf. Hy vestig Groot Constantia in 1685, sodat dit as voorbeeld kan dien van voortvarende land –en wynbou vir die ander boere aan die Kaap. Dit was, soos verwag, ‘n sukses, en is Groot Constantia se wyne sedert die 18e eeu onder die beste wyne in die wêreld getel. Dié landgoed se wyne was gunstelinge van onder andere Keiser Frederik die Grote van Prussië, Koning Louis Philippe van Frankryk, asook Napoleon Bonaparte. In 1710 sou die kleindogter van Jan van Riebeeck, Johanna Maria, saam met ‘n paar vriendinne, ‘n paar dae as gaste op dié landgoed deurbring. In dieselfde jaar word Protestantisme onwettig verklaar in Frankryk deur die herroeping van die Edik van Nantes, en doen Simon ‘n beroep op die Here XVII van die V.O.C om die Franse Hugentoe toe te laat om hulself in die Kaap te vestig – veral dié met kennis van lanbou en wynbou. Met die herroeping van die Edik van Nantes in Frankryk deur Koning Louis XIV in 1685, wat Protestantisme onwettig verklaar, doen Simon ‘n beroep op die Here XVII van die V.O.C om die Franse Hugenote toe te laat om na die Kaap te kom (veral dié met kennis van landbou & wynbou). Hy tree na 20 jaar uit die amp van Goewerneur in November 1699 waarna hy op Groot Constantia gaan bly. Oorlewering vertel dat hyself ‘n kunstenaar was, en dat hy as stokperdjie graag illustrasies gedoen het vir Bybelse verhale. Mens kan indink dat hy op sy oudag met ‘n glasie goeie rooiwyn in die hand, op Groot Constantia se stoep gesit en skets het, terwyl hy uitkyk oor die wynlande wat die vrug van sy arbeid voortbring. Simon het die hoogste pos aan die Kaap van Goeie Hoop van ‘n vroeë ouderdom in sy visier gehad – hy bestudeer geskiedenis, aardrykskunde, geologie, land –en wynbou. Hy werk as handelaar, boer, wynbouer en soldaat (hy dien as Kaptein in die Frans-Nederlandse Oorlog in 1672). Simon se belangstelling in die land –en wynbou het begin na sy terugkeer na Amsterdam op 20 jarige ouderdom. Hy koop ‘n plaas naby die Muiderberg , net buite Amsterdam, wat ook die Muiden Kasteel gehuisves het – wat op sy beurt die ontmoetingsplek was van die “Muiderkring” – ‘n groep verligte intellektuele & kunstenaars wat byeengkom het om nuwe idees, uitvindings en publikasies te bespreek. Of die aankoop van die plaas in die nabyheid van dié vergaderplek bloot per toeval was, en of Simon dalk deel van dié groep verligtes was, is oop vir spekulasie, maar as die geskiedenis ons een ding van Simon van der Stel leer, is dat hy berekende besluite geneem het.

“Groot Constantia”

Simon van der Stel bekom die langoed wat Groot Constantia sou word in 1685, met die oog daarop op as voorbeeld te dien van voortvarende land –en wynbou vir die ander boere aan die Kaap. Dit was, soos verwag, ‘n sukses, en is Groot Constantia se wyne sedert die 18e eeu onder die beste wyne in die wêreld getel. Dié landgoed se wyne was gunstelinge van onder andere Keiser Frederik die Grote van Prussië, Koning Louis Philippe van Frankryk, asook Napoleon Bonaparte. Historici is steeds onseker waarom van der Stel dit “Constantia” genoem het, en strek die verklaring van ‘n romanse tussen Simon & ‘n dame Constantia aanboord die skip wat hom vanuit Batavia gebring het, tot die minder romantieke verklaring dat dit vernoem is na ‘n skip met dieselfde naam wat op daardie stadium geanker was in die Kaapse baai.

“Fleur-de-Lis”

Die Fleur-de-Lis word algemeen gesien as die simbool van die Franse koningshuis, en dus, vir Frankryk self. Met die herroeping van die Edik van Nantes in Frankryk deur Koning Louis XIV in 1685, wat Protestantisme onwettig verklaar, doen Simon ‘n beroep op die Here XVII van die V.O.C om die Franse Hugenote toe te laat om na die Kaap te kom (veral dié met kennis van landbou & wynbou), met die grootste immigrasie in 1688, waartydens hulle in Olifantshoek gevestig het. Olifantshoek sou later ‘Fransche Hoek’ word vanweë die groot hoeveelheid Franse immigrante, wat later ook van die wêreld se voorste wyne sou produseer.  

“Akkers & Druiwe”

Simon van der Stel stig in 1679 die dorp Stellenbosch, wat bekend is vir sy wyn (vandaar die druiwe) asook sy legio eikebome wat die strate versier. Stellenbosch se wapenskild is gebasseer op dié van Van der Stel, met 3 torings, ‘n pou en 2 goue ringe wat die hoofskild vul.  
Die Fynere Details:
  • Moderne snit t-hemp (indien jy onseker is, bestel dalk ‘n bietjie groter hemp)
  • Gemaak van polikatoen materiaal, verskaf dit ‘n liggewig, gemaklike t-hemp wat perfek is om die hele dag te dra, maar ook meer duursaam, met die ekstra voordeel dat dit minder kreukel – so dit kan baie meer gedra en gewas word sonder enige tekens van verniel of krimping.
  • Water gebaseerde verf word gebruik om die kunswerk op die bors ‘n vintage & sagte gevoel te gee.
  • Beskikbaar in groottes: SMALL – 4XL.
  • Trots vervaardig in Kaapstad, Suid-Afrika.

Steeds onseker? Klik HIER vir meer inligting

ONLANGSE RESENSIES

Stiaan J.
Verified ownerVerified owner
5/5

Love die kleur

1 year ago
Anlo Swart
Verified ownerVerified owner
4/5
2 years ago
Peter Scholtz
Verified ownerVerified owner
5/5
3 years ago
Charlene
Verified ownerVerified owner
5/5
3 years ago
Anonymous
Verified ownerVerified owner
5/5
3 years ago
Pierre D.
Verified ownerVerified owner
5/5

Oulikste hemp in my kas. Gaan hom definitief dra op my volgende wynproe ervaring.

3 years ago
EUGENE SLABBERT
Verified ownerVerified owner
5/5
3 years ago
Karien Potgieter
Verified ownerVerified owner
5/5
3 years ago
Willie
Verified ownerVerified owner
5/5

Baie goeie kwaliteit materiaal.

5 years ago
Mariechen Martins
Verified ownerVerified owner
5/5
5 years ago
Matthys Basson
Verified ownerVerified owner
5/5
5 years ago
Anonymous
Verified ownerVerified owner
5/5
5 years ago
Alwyn
Verified ownerVerified owner
5/5
5 years ago

Description

Stiaan J.
Verified ownerVerified owner
5/5

Love die kleur

1 year ago
Anlo Swart
Verified ownerVerified owner
4/5
2 years ago
Peter Scholtz
Verified ownerVerified owner
5/5
3 years ago
Charlene
Verified ownerVerified owner
5/5
3 years ago
Anonymous
Verified ownerVerified owner
5/5
3 years ago
Pierre D.
Verified ownerVerified owner
5/5

Oulikste hemp in my kas. Gaan hom definitief dra op my volgende wynproe ervaring.

3 years ago
EUGENE SLABBERT
Verified ownerVerified owner
5/5
3 years ago
Karien Potgieter
Verified ownerVerified owner
5/5
3 years ago
Willie
Verified ownerVerified owner
5/5

Baie goeie kwaliteit materiaal.

5 years ago
Mariechen Martins
Verified ownerVerified owner
5/5
5 years ago
Matthys Basson
Verified ownerVerified owner
5/5
5 years ago
Anonymous
Verified ownerVerified owner
5/5
5 years ago
Alwyn
Verified ownerVerified owner
5/5
5 years ago

Additional information

Size

, , , , , ,

T-shirt Info

Maroon heather polycotton t-shirt
Discharge printed design for soft, vintage feel.
Custom woven hem tag & printed neck tag.

Jonkheer Size Chart

Chest Circumference (cm)

SMALL (86-93), MEDIUM (94-101), LARGE (102-109), XL (110-117), 2XL (112-119), 3XL (120-128), 4XL (129-136)

13 reviews for SIMON VAN DER STEL WIJNMAKERS

  1. Stiaan J. (verified owner)

    Love die kleur

  2. Anlo Swart (verified owner)

  3. Peter Scholtz (verified owner)

Only logged in customers who have purchased this product may leave a review.

You may also like…

Die Details

Die Snit

'n Klassieke, pasgemaakte snit wat in styl jou erfenis op jou bors sal laat pryk. Geen ekstra fieterjasies nie, net 'n gemaklike vorm wat reg sit in al die regte plekke.

Gemaak in die Moederstad

Elke hemp is plaaslik gestik, gekleur & gedruk in Kaapstad, Republiek van Suid-Afrika.

Uitnemende Kwaliteit

Gestik uit liggewig en duursame materiaal, met die ontwerp gedruk deur gebruik te maak van water gebasseerde verf, is elke hemp super sag vir heeldag se dra.

Gereed vir enige Avontuur

Of jy nou die braai beman, langs die veld staan vir ‘n wedstryd, die Dominee gaan ontmoet of vir ‘n aandjie uit saam met jou beter helfte – VALHALLA sal verseker dat jy die smaakvolle middelpunt van enige gesprek word.