Description
Groepskaptein Adolph Gysbert “Sailor” Malan (1910-1963) was ‘n befaamde Suid-Afrikaanse vegvlieënier wat bekendheid verwerf het as deel van die Britse Koninklike Lugmag (R.A.F) gedurende die Tweede Wêreldoorlog, waar hy leier van 74 Eskader was gedurende die Slag om Brittanje. Die bynaam “Sailor” is aan hom gegee deur sy mede-vlieëniers aangesien hy eers ‘n kadet op die opleidingskip “Generaal Botha” was voordat hy by die lugmag aangesluit het. Onder sy toekennings is die “Distinguished Service Order” (DSO) asook die “Distinguished Flying Cross” (DFC).
Reviews
There are no reviews yet.