R199.00 R119.00

Clear

Racheltjie de Beer & haar familie het in 1843 getrek vanuit die Oranje-Vrystaat na die destydse Suid-Oos Transvaal opsoek na grond. Een aand het een van hul kalfies, Frikkie, verlore geraak en is ‘n soekgeselskap geloots waaraan Racheltjie (12 jaar) & haar boetie (6 jaar) deelgeneem het. Tydens die soektog het die twee verdwaal & het sneeu uitgesak op die vlaktes. Racheltjie het besef dat hul kanse om oorlewing skraal is, en het haar klere uitgetrek, dit vir haar broer gegee om aan te trek, en hom in ‘n uitgeholde miershoop laat klim, waarna sy voor die opening gaan lê het om die koue uit te hou. Die volgende oggend is die kinders gevind, maar Rachel het deur die nag verkluim en sodoende haar lewe vir haar broer opgeoffer. Of hierdie volksverhaal nou waar is of nie, is hierdie hemp ‘n huldeblyk aan diegene wat in onmenslike omstandighede merkwaardige dapperheid wys & opofferings maak vir hul medemens.

Wanneer jy van die dade leer / van menig dapp’re held / vergeet nie Racheltjie de Beer – Sneeuwitjie van die Veld! – A.G. Visser “Sneeuwitjie”

Racheltjie de Beer & her family left the Orange Free State in 1843 with the hopes of finding better land in the South-Eastern Transvaal. Their pet calf, Frikkie, strayed from the Trek and a search party was formed, that included Racheltjie (12 years old) and her younger brother (6 years old). During the search the children became lost in the wilderness, and with night drawing near, the temperature plummeted. Racheltjie realised that their chances of surviving the night in the open were slim, after which she took off her clothes and gave it to her brother. Then she hid him in a hollowed out ant heap, and lay in front of the entrance to keep out the cold. The next morning the search party found them, but Racheltjie succumbed to the cold during the night, sacrificing herself to save her brother. Althought the accuracy of the tale is sometimes questioned, we dedicate this design to those who, in impossible situations, show extreme bravery & the willingness to make sacrifices for their fellow man.

Additional information

Size

, , ,

T-shirt Info

Light Blue cotton t-shirt
Unisex (same size & cut for boys & girls)
Discharge printed design for soft, vintage feel.
Custom woven hem tag & printed neck tag.