CHRISTIAAN DE WET RUITERSKOOL

R359.00

(33 customer reviews)

“C.R. DE WET”

Christiaan Rudolf de Wet (7 Oktober 1854 – 3 February 1922), is gebore op die plaas Leeuwkop in die Oranje-Vrystaat. Oorspronklik opgeroep as burger met die uitbreek van die Anglo-Boereoorlog, het hy vining die rang van Generaal verwerf, en was veral bekend vir sy meesterlike guerilla taktieke. Die Britse magte kon nooit daarin slaag om hom gevange te neem nie, en het hy die bynaam “Die Ontwykende Een” gekry, en het ‘n skets in ‘n Franse koerant hom selfs uitgebeeld waar sy perd, Fleur, vlerke het soos die van die mitologiese perd Pegasus. Aan die einde van die Oorlog het hy as waarnemende president van die Oranje-Vrystaat die Vrede van Vereeniging verdrag geteken. Om uiting te gee aan sy emosies oor die Vryheidsoorlog, het De Wet later die boek “De Strijd Tusschen Boer & Brit” geskryf, wat later vertaal is in Engels as “The Three Years’ War”.

“As julle hoor dat ek oorgegee het, ontken dit, want ek sal nooit oorgee nie” –C.R de Wet

Die Fynere Details:

  • Moderne snit t-hemp (indien jy onseker is, bestel dalk ‘n bietjie groter hemp)
  • Gemaak van polikatoen materiaal, verskaf dit ‘n liggewig, gemaklike t-hemp wat perfek is om die hele dag te dra, maar ook meer duursaam, met die ekstra voordeel dat dit minder kreukel – so dit kan baie meer gedra en gewas word sonder enige tekens van verniel of krimping.
  • Water gebaseerde verf word gebruik om die kunswerk op die bors ‘n vintage & sagte gevoel te gee.
  • Beskikbaar in groottes: SMALL – 4XL.
  • Trots vervaardig in Kaapstad, Suid-Afrika.

Steeds onseker? Klik HIER vir meer inligting

You may also like…

Die Details

Die Snit

'n Klassieke, pasgemaakte snit wat in styl jou erfenis op jou bors sal laat pryk. Geen ekstra fieterjasies nie, net 'n gemaklike vorm wat reg sit in al die regte plekke.

Gemaak in die Moederstad

Elke hemp is plaaslik gestik, gekleur & gedruk in Kaapstad, Republiek van Suid-Afrika.

Uitnemende Kwaliteit

Gestik uit liggewig en duursame materiaal, met die ontwerp gedruk deur gebruik te maak van water gebasseerde verf, is elke hemp super sag vir heeldag se dra.

Gereed vir enige Avontuur

Of jy nou die braai beman, langs die veld staan vir ‘n wedstryd, die Dominee gaan ontmoet of vir ‘n aandjie uit saam met jou beter helfte – VALHALLA sal verseker dat jy die smaakvolle middelpunt van enige gesprek word.