“C.J. LANGENHOVEN”
Cornelis Jacobus Langenhoven, ook bekend as ‘Sagmoedige Neelsie’, was ‘n digter, prokureur, stigterslid van die dagblad ‘Die Burger’ & senator wat steeds gesien word as een van die reuse van die Afrikaanse skryfkuns.
Sy bydrae tot die erkenning van Afrikaans as taal was deurslaggewend, en slaag hy ook daarin om Afrikaans i.p.v Hollands as tweede taal by Kaapse skole aanvaar te kry.
Langenhoven se werke span oor verskeie genres, van teer gedigte tot spookstories, en word sy skryfstyl geken aan sy meesterlike gebruik van humor & spitsvondigheid (hy het tot ‘n gedig vir sy hond geskryf!).
Hy verhuis in 1912 na Oudtshoorn, en noem sy huis ‘Arbeidsgenot’ – en is sy naam sedertdien aan dié dorp gekoppel. Hy het ‘n denkbeeldige olifant “Herrie” gehad, wie se naam hy op ‘n klip naby Meiringspoort uitgekap het, wat tans as ‘Herrie se Klip’ bekend staan.
Hy ontvang ‘n eredoktorsgraad van die Universiteit van Stellenbosch in 1931, en meld die spreker tydens die leentheid: ”… want senator Langenhoven skryf nie, maar hy praat, ook waar hy die pen hanteer. Sodat met waarheid van hom gesê kan word dat hy sy volk leer lees het.”
“MDCCCLXXIII”
Cornelis Jacobus Langenhoven op 13 Augustus 1873 op die plaas ‘Hoeko’, Ladismith. in die destydse Kaapkolonie gebore. Sy voorsate was van Franse afkoms wat in 1774 na die Kaap gekom het.
“Eikeboom blare”
Die eikeblaar lourierkrans verteenwoordig die dorp Stellenbosch, waar hy in 1931 ‘n eredoktorsgraad vanaf sy almal mater, die Universteit van Stellenbosch, ontvang.
Die studentesentrum van dié universiteit is ook na hom vernoem, en staan bekend as “Die Neelsie”.
“Volstruisvere, Oudtshoorn & Arbeidsgenot”
Die Karoo-dorpie Oudtshoorn spog met die wêreld se grootste volstruis-populasie, en het dit te danke aan die groot aanvraag na volstruisvere vir die Europese adelstand, wat dit gebruik het as versiering van hul klere. Die volstruisbedryf het in 1864 begin in Oudtshoorn, en was die waarde van volstruisvere, per pond, op een stadium soortgelyk aan die van diamante!
Langenhoven het homself in 1899 in Oudtshoorn gevestig en sodoende sinoniem geword met dié dorpie.
In 1903 koop hy die eiendom waarvan hy die huis Arbeidsgenot sou noem, waar hy die res van sy lewe sou woon, en is dié ook tans ‘n Nasionale Museum.
“Herrie die Olifant”
Langenhoven het ‘n denkbeeldige olifant, ”Herrie”, gehad, wat in baie van sy stories voorkom. Hy het selfs dié se naam in 1929 teen ‘n klip in Meiringspoort langs die N2-hoofweg uitgekap, en staan dit as “Herrie se Klip” bekend (dit is tans ‘n Nasionale Monument!).
Tia Gruenenfelder (verified owner) –